HOE LYK JY?
Janine Forsyth
- 4 minutes read - 686 wordsDie mens is gemaak na die beeld van God. In die Nuwe Testament kry ons opdrag om meer soos Jesus te word. Jesus was liefdevol, sonder sonde en het outoriteit oor elke bose gees en siekte gehad. Waarom lyk ons dan nog nie soos Jesus nie?
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.”
II KORINTHIËRS 3:17-18 AFR53
Ons word soos dit waarmee ons tyd spandeer. As ons fokus op Jesus wil ons nie meer sonde doen nie - 1 Johannes 3:3-9. Wanneer ons ‘n fout maak vra ons dadelik om vergifinis. Soms kan die sonde van ons voorvaders (bloedlynsonde) maak dat mense probleme ondervind. Afgode is geestelik en fisies blind, doof en kan nie loop nie. Ongelukkig kan die afgode ons lewe beïnvloed. Dit is daarom nodig om afgode se invloed af te sny.
“Die afgode van die heidene is silwer en goud, 'n werk van mensehande. Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word — elkeen wat op hulle vertrou.”
PSALMS 135:15-18 AFR53
Afgode is glad nie soos God nie.
“Soos 'n voëlverskrikker in 'n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie. Geeneen is soos U nie, o Here! U is groot, en u Naam is groot in krag.”
JEREMIA 10:5-6 AFR53
“En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige? Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees. Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.”
II KORINTHIËRS 6:15-18 AFR53
Heilige Gees wil ons vrymaak sodat ons geen eienskap van ‘n afgod het nie. Dan sal ons meer en meer soos Jesus word.
“AS daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is, maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin. Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.”
FILIPPENSE 2:1-11 AFR53