Intimiteit is die sleutel
- 2 minutes read - 329 wordsEk het ‘n droom gehad waar ek en my man eksamen moes skryf. Ons het al 2 besef dat ons nie deur die moeilike vrae gewerk het voor ons eksamen geskryf het nie. Ons was dus nie goed voorbereid vir die eksamen nie, maar kon steeds die eksamen aflê. Ek glo nie ons kan voorberei vir wat voorlê in ons toekoms nie. Daar gaan moeilike tye wees, maar intimiteit met Jesus sal ons daardeur dra. Jesus het ons nie alleen gelos nie. Heilige Gees is gestuur om ons te help.
“Maar wanneer hulle jul oorlewer, moenie julle kwel oor hoe of wat julle sal spreek nie, want dit sal julle in daardie uur gegee word wat julle moet spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle spreek.”
MATTHÉÜS 10:19-20 AFR53
“Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.”
II PETRUS 3:18 AFR53
Die TPT (The Passion Translation) Bybel gebruik die woord intimiteit i.p.v. kennis.
2 Peter 3:18 TPT
But continue to grow and increase in God’s grace and intimacy with our Lord and Savior, Jesus Christ. May he receive all the glory both now and until the day eternity begins. Amen!
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.”
PSALMS 91:1 AFR53
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer (“secret place”, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”
MATTHÉÜS 6:6 AFR53
“Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.”
JESAJA 60:2 AFR53
Jou verhouding met Jesus sal jou dra deur die moeilike en donker tye.