IS ONS IN DIE EINDTYD
- 20 minutes read - 4120 wordsIS ONS IN DIE EINDTYD?
Daar is soveel verskillende menings oor waar ons nou is. Party mense dink Jesus kom enige dag terwyl ander dink dis nog jare voor Hy terugkeer. Ek glo dis daar is baie leidrade in die Bybel. Lees dit en laat die Heilige Gees jou lei eerder as iemand anders se mening. Jesus het ‘n gesprek met Sy dissipels gehad oor die einde. Die Bybel noem dit die profetiese rede.
Die kort weergawe:
a) Dinge gaan begin sleg lyk dan weet ons die einde is oppad.
b) Die wegraping van lewende en reeds afgestorwe Christene gaan plaasvind.
c) Sewe jaar tribulasie wat sal eindig met satan wat toegesluit word vir ‘n 1000 jaar. Gedurende die 1000 jaar regeer Christene Jesus en ons woon by Hom.
d) Satan word vrygelaat en verlei mense om saam met hom teen Jesus en Sy leër te veg. Jesus wen, satan word in die hel gegooi vir ewig. Die laaste oordeel volg.
Die langer weergawe:
1. Die tempel word afgebreek - Matthéüs 24:1-2, Markus 13:1-2, Lukas 21:5-6, Openbaring 11. In 66 nC het die Jode Jerusalem teruggeneem en in 70 nC het die Romeine dit weer oorgeneem en die tempel is toe ook finaal verwoes. Die geveg met Nero en later Titus het 3,5 jaar van 67-70 nC geduur. (‘n Moontlike voorloper van die eindtyd) Jesus het ook 3,5 jaar gepreek voor Hy gekruisig is. Jesus het na Homself verwys as die tempel - Johannes 2:18-21. Die muur in die weste waar die Jode bid is al wat oorgebly het van die tweede tempel. Die Jode beplan al jare lank om die derde tempel te bou en wil weer offers aan God bring. Hulle het reeds baie van die instrumente gemaak om te gebruik in die tempel. Selfs priesters word opgelei om weer die Ou Testament se instruksies te volg. Hulle probeer ook die perfekte “red heifer”(rooi koei - Númeri 19:1-10, Jesaja 15:5 KJV en AMPC) teël wat hulle benodig vir reiniging. Die Amerikaners was reeds suksesvol, maar die “red heifer” moet in Israel gebore word. God werk dikwels met die nommer 3 wat “opstanding” beteken. Die eerste tempel (957 - 586 vC) is deur Salomo gebou. Die tempel wat Eségiël (622-570 vC) beskryf is nooit gebou nie. Die tweede tempel (518 vC - 70 nC) is deur Koning Kores (Cyrus) van Persië laat bou. Die verbondsark was ook nooit gevind en in die tweede tempel geplaas nie. Die moskee staan op die plek waar die tempel voorheen was. Dit is dus nie ‘n geval van bou sommer gou die tempel nie. Daar sal baie meer moet gebeur. Daar is mense wat reken dat die bouwerk vir ‘n nuwe tempel 3,5 jaar lank sal neem. Elkeen van ons is ‘n tempel waarin Jesus woon - 1 Korinthiërs 3:16-17, Johannes 14:23. God woon nie in tempels wat mense gemaak het nie - Handelinge 7:48, 17:24. Sagaría het profeteer dat Jesus sal kom en die tempel sal bou - Sagaría 6:12-15. Christene word God se tempel deur Jesus - Efésiërs 2:20-22, Hebreërs 3:3, Matthéüs 16:18. Ons bring offers wanneer ons die Vader loof en prys. Ons weet Jesus was die laaste Pasga-lam en almal het sedertien toegang tot God. Jesus was ook ons finale hoërpriester. Eségiël se tempel is baie groter as die eerste 2 tempels en dit is moontlik die plan vir die tempel gedurende die Messiaanse Tydperk. Gedurende hierdie 1000 jaar sal Jesus ons Koning wees en ons sal in vrede leef - Sagaría 14:9, Daniël 7:13-14,27, Openbaring 19:6. Die Nuwe Jerusalem sal nie ‘n tempel hê nie, want God sal Sy tempel wees - Openbaring 21:22.
2. Die tempel word ontheilig - Daniël 8:13, 9:27, 11:31, 12:11, Openbaring 13:6. Daniël het reeds hieroor profeteer in die Ou Testament. Titus het in 70nC vir Jupiter aanbid in die tempel (voorlopers). Hierdie ontheiliging van die tempel verwys egter spesifiek na die 3,5 jaar gedurende die 7 jaar van die tribulasie. Om die tempel te ontheilig moet daar ‘n tempel wees.
3. Mense gaan mislei word. Die dissipels het gevra wanneer en wat is die tekens van die einde van hierdie wêreld en Jesus waarsku hulle drie maal om nie mislei te word nie - Matthéüs 24:4,5,11, Markus 13: 4-6, Lukas 21:7-8.
4. Vals profete en selfs vals Christusse sal verskyn. Hierdie vals profete sal selfs wonderwerke doen - Matthéüs 24:11, 23-28. Daar is al reeds vals gelowe, soos Scientologie, wat mense genees. Die teëstander (seun van verderf) sal in God se tempel sit en voorgee om God te wees - 2 Thessalonicense 2:4. Vir 7 jaar lank sal die Antichris ‘n verbond sluit met die mense (neem aan die Jode) en offers sal weer gebring word. Maar na 3,5 jaar sal die Antichris die slagoffers en spysoffers stop en hy sal nog baie meer gruwelike dinge doen. Dit wil voorkom of baie mense vir 3,5 jaar mislei word en daarna sal sommige van hulle besef dat dit nie die Messias is nie - Daniël 9:27, 11:30-45, 12:11-12. In Openbaring 13 lees ons dat die dier Jesus sal naboots. Die dier sal sterf en lewendig word en almal wat nie ‘n beeld van die dier wil aanbid nie sal sterf. Ons sien ‘n voorloper hiervan in Daniël 3 waar die koning verwag dat almal die beeld moet aanbid.
5. Die mense sal dan die merk van die dier ontvang en sal nie daarsonder kan handeldryf nie - Openbaring 13:16-18, 14:9-11. Diegene wat die merk neem is verewig verlore. Die nommer van die dier is 666. Die Bybel sê dit is ‘n getal van die mens. Ses word beskou as die nommer van die mens, want Adam en Eva is op die sesde dag geskape. Die ster van Dawid het 6 punte. Dit bestaan uit 2 driehoeke. Vader, Seun en Heilige Gees vorm die eerste driehoek. Die mens bestaan uit siel, liggaam en gees om die tweede driehoek te vorm. Die mens saam met God vorm ‘n perfekte kombinasie van 6 dele. Die mens is gemaak na die beeld van God. Nadat God die mens op die sesde dag geskape het, het Hy gesê dit was baie goed - Génesis 1:26-31. “Yahweh”, God se naam bestaan ook uit 6 letters. Die Bybel (God se Woord) bestaan uit 66 boeke. Satan wil alles wat goed is steel. Nadat Koning Salomo trots geword het lees ons dat sy inkomste was jaarliks 666 talente goud - 1 Konings 10:14, 2 Kronieke 9:13. Daar is niks verkeerd met die nommer 6 nie, maar dit word ‘n probleem wanneer mense met opset dit gebruik omdat hulle ‘n duiwelse agenda het. Meer negatiewe verwysings na 6, 60 en 600: Exodus 14:7, 1 Samuel 17:4-7, 1 Konings 4:22, 10:20, Hooglied 3:7, Daniël 3:1. Troy Brewer sê ons het 555 (Christus) en 888 (Jesus) so ons hoef nie bang te wees vir 666 (die dier) nie.
6. Gerugte van oorloë dui nog nie die einde aan nie - Matthéüs 24:6, Markus 13:7, Lukas 21:9.
7. Nasies sal teen mekaar draai,
8. Hongersnood,
9. Pessiektes en
10. Aardbewings sal die begin van die smarte aandui - Matthéüs 24:7,8, Markus 13:8, Lukas 21:10-11.
11. Christene sal vervolg en gehaat word - Matthéüs 24:9, Markus 13:9, Lukas 21:12,16-18.
12. Mense sal struikel, mekaar verraai en haat - Matthéüs 24:10.
13. Ongeregtigheid sal toeneem en
14. Die liefde van baie sal afkoel - Matthéüs 24:12. Mense sal sonder natuurlike liefde wees - 2 Timótheüs 3:3.
15. MENSE SAL : liefhebbers van hulself wees,
16. Geldgierig,
17. Grootpraters,
18. Lasteraars,
19. Ongehoorsaam,
20. Ondankbaar,
21. Onheilig wees - 2 Timótheüs 3:2.
22. Onversoenlik,
23. Kwaadsprekers,
24. Bandeloos,
25. Wreed,
26. Sonder liefde vir die goeie - 2 Timótheüs 3:3.
27. Verraaiers,
28. Roekeloos en
29. Verwaand wees.
30. Liefhebbers van genot en nie liefhebbers van God nie - 2 Timótheüs 3:4.
31. Bly weg van mense wat lyk of hulle vol van God is, maar kragteloos is - 2 Timótheüs 3:4, Titus 1:16.
32. Die wat volhard sal gered word - Matthéüs 24:13, Lukas 21:19,
33. Die evangelie sal reg oor die wêreld verkondig word en dan kom die einde - Matthéüs 24:14, Markus 13:10.
34. Dit sal wees soos in die tyd van Noag. In Noag se tyd was dit slegs hy en sy familie wat sondevry was. Sommige mense dink dit was slegs 8 mense wat geneties nog 100% mens was. Daar was dus slegs 8 mense wat gered kon word, die res moes sterf - Génesis 6-7. Mense sal eet, drink, trou en met hul lewens aangaan. Die mense was so besig met hulle eie lewens dat hulle onvoorbereid was vir die vloed. Baie mense was boos en het net slegte dinge bedink - Génesis 6:5. Noag was voorbereid vir die vloed. Christene moet voorbereid wees vir die koms van Jesus.
35. Daar gaan ‘n periode van swaarkry kom - die tribulasie of groot verdrukking - Matthéüs 24:29, Markus 13:19, 2 Timótheüs 3:1, Daniël 12:1. Die tribulasie sal 7 jaar lank wees en is ingedeel in 2 periodes van 3,5 jaar elk - Openbaring 12:6, 13:5, Daniël 7:25, 8:14, 9:27, 12:11-12.
36. Daar sal ‘n groot aardbewing wees - Openbaring 16:18, gevolg deur
37. Sonverduistering,
38. Die maan sal sonder glans wees,
39. Sterre sal val
40. Die kragte van die Hemel sal geskud word. Dit kan ‘n teken wees dat die son en maan vervang word met Hemelse glorie of wêreldse regerings word finaal vervang met God se regering (TPT Bybel).
41. En dan sal Jesus op die wolke terugkeer - Matthéüs 24:29-30. Jesus sal verskyn op die Olyfberg, wat aan die ooste kant is. Die Olyfberg sal in die middel verdeel en ‘n groot dal sal vorm - Sagaría 14, Eségiël 44:2.
42. Die hemel sal verdwyn en opgerol word soos ‘n boek. Berge en eilande sal verplaas word - Openbaring 6:12-14.
43. Babilon, die groot stad, sal val - Openbaring 14:8, 16:19.
44. Mense sal wegkruip uit vrees wanneer hierdie dinge gebeur - Matthéüs 24:16-22, Markus 13: 14-20, Lukas 21:21-24, Openbaring 6:15-17.
45. Ons moenie moeg raak van wag nie. Net die Vader weet die tyd en uur van Jesus se terugkeer - Matthéüs 24:36-51, Markus 13:32, Sagaría 14:7. Jesus kom op ‘n uur wat Hy nie verwag word nie. Alhoewel die Bybel ook sê as ons wakker is sal Sy terugkeer nie onverwags soos ‘n dief in die nag wees nie (Openbaring 3:3, 16:15). Paulus sê ook dat diegene wat in die lig wandel nie aan die slaap gevind sal word nie. Ek glo Paulus het gedink Jesus sou reeds in sy leeftyd teruggekeer het - 1 Thessalonicense 4,5. Die Bybel noem dit die “dag van die Here” of die “dag van Sy toorn” - 1 Thessalonicense 5:2, Jeremia 30:7, Eségiël 13:5, Joël 1:15, 2:1-2,11, Amos 5:18, Openbaring 6:17, 16:14. Dit word ook genoem die “tyd van benoudheid vir Jakob”.
46. Jesus se terugkeer word met ‘n trompet aangekondig - Matthéüs 24:31, 1 Thessalonicense 4:16. Jesus keer terug wanneer die sewende en laaste trompet geblaas word -1 Korinthiërs 15:51, Openbaring 11. Sy terugkeer kan moontlik met die fees van trompette (Rosh Hashanah/ Joodse Nuwe Jaar) wees, wat gewoonlik in September of Oktober plaasvind. Jesus is gekruisig gedurende ‘n Pasga as die laaste, perfekte Pasga Lam. Dit sal dus sin maak om terug te keer op ‘n Joodse fees.
47. ‘n Dag is soos ‘n 1000 jaar vir God en in 6 dae het Hy alles gemaak en toe gerus. Volgens die Jode is ons nou in die jaar 5782 (2022 vir ons). Niemand weet hoe akkuraat dit is nie. Sommige glo Jesus is 3/4 jaar voor ons huidige kalender reeds gebore. Ander reken die Joodse kalender is agter met 150-200 jaar. As ons in die jaar 6000 in rus gaan kan daar nog meer as 200 jaar wees voor Jesus terugkeer. As die kalender verkeerd is kan dit baie nader aan die einde wees. Die tribulasie kan die laaste 7 jaar van die 6000 jaar wees.
48. Ek glo ons word weggeraap voor die tribulasie. Daar is mense wat glo dat die wegraping eers na die tribulasie plaasvind.
49. Baie Jode glo die Messias sal gedurende ‘n “Jubilee” (Jubeljaar) kom. Volgens die Ou Testament moes die land moet elke sewende jaar rus en skuld moes afgeskryf word - Levítikus 25, Deuteronómium 15:1-2, Nehemía 10:31. Die mens moes die sewende dag rus en die land elke 7 jaar. Die sewende jaar word ‘n “Shmita”/ “Shemittah” (Sabbatjaar) genoem. Na 7 siklusse van “Shemittah” volg ‘n “Jubilee” (50 in Latyn is jubilee) in die vyftigste jaar. Gedurende die Jubeljaar is slawe vrygestel, die mense moes rus, hulle moes terugkeer na hulle eie land en land terugkoop wat hulle moes verkoop. Die Jubeljaar word aangekondig met ‘n basuin en val saam met die Dag van Versoening (die tiende dag van die sewende maand - Yom Kippur) - Levítikus 23:27. Die Jode tel steeds elke 7 jaar, maar die Jubeljaar het gestop met die vernietiging van die tempel. Ander reken die viering van die Jubeljaar het gestop in 722 v.C. toe die 10 stamme verstrooi is. Mense verskil wanneer die volgende Jubeljaar sal wees. Dis moontlik dat Jesus ‘n Jubeljaar aangekondig het toe Hy begin preek het - Jesaja 61:1-3, Lukas 4:18-19. God werk dikwels met die nommer 120 wat Sy regering voorstel. As daar dus 120 Jubeljare is voor Sy terugkeer, kyk ons na die jaar (120x49) 5880 op die Joodse kalender, wat oor 97 jaar is. Dit geld as die Jubeljaar beskou word as die eerste jaar van die nuwe 7 jaar siklus - Levítikus 25:20-23. Indien dit nie saamval nie, kyk ons weer na die jaar 6000 (120x50) wat oor 217 jaar is - Jesaja 37:30.
50. Alhoewel niemand die tyd van Sy terugkeer weet nie sê Hy tog ons moet kyk na die vyeboom - Matthéüs 24:32-33, Markus 13: 13:28-29, Lukas 21:30-31. ‘n Mens kan sien wanneer ‘n boom nuwe blare kry of reg is om vrug te dra en dan weet jy die somer is naby. Soos jy na ‘n vyeboom kyk moet ons na die dinge om ons kyk en raaksien in watter tyd ons leef. Sommige mense meen die vyeboom simboliseer Israel en dat die toestand van die land ‘n aanwysing is of die einde naby is. Wanneer Jerusalem omring is deur leërs sal ons weet die verwoesting is naby - Lukas 21:20. Jerusalem sal vertrap word - Lukas 21:24, Openbaring 11.
51. Jesus het meer as 2000 jaar gelede al gesê dat Hy gou terugkeer - Openbaring 22. Vanuit ‘n wêreldse perspektief voel dit nie gou nie. As iemand egter vandag sou sterf het hulle dalk nodig om te weet Jesus kom gou, want dit kan dalk hul laaste kans wees om gered te word. Dan verstaan ek dat dit dringend is en nodig om te leef asof dit jou laaste dag op Aarde is.
52. Die Christene wat reeds dood is sal eerste opstaan en dan sal hulle saam met die lewende Christene vir Jesus in die lug ontmoet - 1 Thessalonicense 4:13-18 - die wegraping. Jesus het gesê Hy gaan om vir ons ‘n plek voor te berei sodat ons later by Hom kan aansluit - Johannes 14:2-4. Ongeredde mense sal eers na die 1000 jaar (millennial reign) opstaan - Openbaring 20:5.
53. Op ‘n latere stadium keer Jesus terug na die Aarde om saam met die heiliges te regeer vir ‘n 1000 jaar (die sewende dag). Jesus kom 3 keer terug Aarde toe. Die eerste keer was as baba en as mens om verlossing te bring, die tweede keer as bruidegom om Sy bruid in die lug te ontmoet en die derde keer as regter en Koning (Daniël 7:13, Openbaring 19:6, Sagaría 14:9).
54. Jesus breek die 7 seëls en die boek word geopen - Openbaring 5-8. Die eerste 4 seëls se oopmaak gaan elke keer gepaard met ‘n perd wat onheil bring - Sagaría 6. Daar is 4 perde en elkeen is ‘n ander kleur. Met die vyfde seël se opening ontvang diegene wat vir Jesus gesterf het wit klere. Daar sal later meer heiliges by hulle aansluit. Die sesde seël se opening val saam met ‘n groot aardbewing. Nadat die sewende seël geopen is volg 30 minute van stilte.
55. ‘n Groep van 144 000 mense uit die 12 stamme van Israel ontvang ‘n seël van God op hul voorkoppe - Openbaring 7:1-8.
56. Sewe engele blaas 7 basuine en vreeslike onheil volg- Openbaring 8. Met die blaas van die derde basuin sal ‘n groot ster val (Wormwood - Alsem - als is bitter aalwyn en is gebruik as medisyne om wurms dood te maak) en die water sal bitter word en baie mense sal sterf. Die mense wat oorbly na die sesde basuin geblaas is het aangehou om duiwel - en afgodsaanbidding en towery en hulle nie tot God bekeer nie - Openbaring 9:20-21. Johannes het ook 7 donderslae gehoor, maar hy mag nie aangeteken het wat die donderslae bekend gemaak het nie - Openbaring 10:3-4. Die voorhof buite die tempel vir 3,5 jaar lank vertrap word. Twee getuienis sal verskyn wat vir 3,5 jaar moet profeteer. Die 2 getuienisse sal dood gemaak word en vir 3,5 dae op die straat lê. Dan sal God se Gees hulle lewend maak en hulle sal opvaar na die Hemel - Openbaring 11, Sagaría 4. Dan volg ‘n groot aarbewing en 7000 mense sterf en mense sal bang word en God verheerlik. Met die blaas van die sewende basuin keer Jesus die terug Aarde toe - Openbaring 11. Miskien vind die wegraping plaas met die blaas van die eerste basuin.
57. Engele kondig die oordeel aan - Openbaring 14 - almal sal maai wat hulle gesaai het.
58. Sewe engele en 7 plae sal verskyn - Openbaring 15. Almal wat die merk van die dier het sal deur die plae getref word. Die mense sal God beskuldig en nie tot bekering kom nie. Sagaría 14:12-15 verwys ook na ‘n plaag. Ek is onseker of dit deel van die 7 plae is.
59. Baie goed wat ons nou sien is voorlopers of oefenlopies van wat later gaan gebeur. Satan kan nie die tyd bepaal wanneer God iets gaan doen nie. Ek glo ook elke ouer generasie dink die jonger generasie doen baie meer sonde en dink dus dit mag dalk die einde wees. Adam en Eva se sonde word gevolg deur oordeel. ‘n Groot hoeveelheid euwel word in Génesis in Noag se tyd opgevolg met oordeel. Ons sien ook in Openbaring dat die oordeel altyd volg na afskuwelike sondes gedoen word. Oordeel het oor verskillende volke gekom in die Ou Testament - Sagaría 9:1-8, Eségiël 20-35. Ek glo ons het ‘n periode van euwel gesien wat nou gevolg word deur oordeel. Ek glo dit was net ‘n voorloper van nog erger dinge en nie die finale oordeel nie. Dit is moontlik dat satan wil verhoed dat God se heerlikheid uitgestort word en die derde en laaste ontwaking plaasvind. Hy probeer ons dus in die eindtyd instoot. Die Antichris sal probeer om die tye en wet te verander - Daniël 7:25. Die laaste 3 jaar het ons siekte, veluitslae/swere, sprinkaanplae, geslagsverandering, aborsies (Baäl offers) en oneerlike Babilon sien handeldryf. Ons sien ook al hoe meer dat God se wet nou haatspraak genoem word - “sleg goed noem en goed sleg” - Jesaja 5:20. Die 10 plae in Egipte was ‘n voorloper vir die eindtyd plae. Die Korea Oorlog (1950-1953) was nog ‘n voorloper waar ‘n derde (3 miljoen) van Noord Korea se inwoners dood is - Eségiël 5:12, Openbaring 9:15,18.
60. Johannes het 2000 jaar gelede al gesê hulle leef in die “laaste uur” en dat die Antichris gees oral teenwoordig is - 1 Johannes 2:18-29. Daar is mense wat glo dat daar altyd ‘n Antichris op Aarde is. Nimrod het gerebelleer teen God en die toring van Babel gebou. Iemand soos die Farao in Egipte in Moses se tyd. Of Koning Daríus wat Daniël in die leekuil laat gooi het. Hitler wat 6 miljoen Jode laat doodmaak het.
61. Na die tribulasie word satan opgesluit in ‘n afgrond/bodemlose put/“abyss” vir ‘n 1000 jaar- Openbaring 20. Gedurende die Messiaanse Tydperk regeer Jesus as Koning - Daniël 7:13-14. Na die 1000 jaar word satan vir ‘n kort periode vrygelaat. Hy sal mense verlei om saam met hom oorlog te voer - Armageddon (Strong’s H717 : om bymekaar te kom, pluk soos vrugte - Heuwel, berg of plek van Meggido [plek van die troepe]. Baie gevegte in die Bybel het hier plaasgevind.) - Openbaring 16:14-16, 19:11-21, 20:7-10. Die mense sal so baie soos die sand van die see wees. Hulle sal Jerusalem omring en vuur uit die Hemel sal hulle uitwis. Ons weet Jesus en die heiliges wen die geveg.
62. Dan sal satan en sy demone in die vuurpoel gegooi word en die laaste oordeel volg - Openbaring 20:11-25.
63. Dan volg die ewigheid of die agtste dag - Daniël 7:18.
64. Daar sal ‘n nuwe Hemel, Aarde en Jerusalem wees en God sal by Sy kinders woon - Openbaring 21-22.
65. Die bruid sal aansit vir ‘n bruilofsfees met haar Bruidegom, die Lam - Openbaring 19:7-9, 17.
Die volgorde van dinge verskil gevolglik is dit moeilik om die presiese volgorde van alles te bepaal.
Woorde soos wegraping, tribulasie, “New World Order”, “Great Reset” en “One World Government/Religion” word glad nie in die Bybel gevind nie. Die Bybel maak dit egter baie duidelik dat ‘n sterk leier sal verskyn wat self aanbid wil word en Christene sal vervolg.
Die Abrahamic Family Churh wat bestaan uit ‘n Rooms Katolieke Kerk (Church of St Francis) ‘n sinagoge en ‘n moskee word tans gebou op Saayidat Eiland in Abu Dhabi (Verenigde Arabiese Emirate). Dit bestaan uit 3 kerke waar almal en alles welkom is - Chrislam. Ek glo daar is 3 kerke om die Vader, Seun en Heilige Gees te probeer naboots. As Christene weet ons dat Jesus die enigste manier na die Vader is - Johannes 14:6.
Die Wêreld Ekonomiese Forum praat reeds van ‘n klomp welgestelde mense as die “elite”. Hulle wil die res van ons beheer. Hulle gebruik siektes, ressessies, oorloë en klimaatsveranderinge as verskoning om almal te beheer. ‘n Groep van 1100 wetenskaplikes het gevind dat die “elite” klimaatsveranderinge oordryf om hulle by hulle agenda te pas. Die Antichris sal moontlik een van die lede van die elite wees. Hierdie mense glo nie in God nie en ek glo hulle aanbid satan - Openbaring 6:15-17, 17:1-2. Hierdie elite besit en beheer baie banke en groot besighede. ‘n Klomp van hulle het Joodse vanne en ek glo God praat van hulle in Openbaring 3:9-11.
Ek glo ons het tot dusver voorlopers van die einde gesien en dat ons nou eers God se heerlikheid gaan sien - Númeri 14:21, Jesaja 6:3, 40:5, 60, Haggai 2:7-9 en Habakuk 2:14. Eers daarna sal die einde kom. Wees altyd gereed asof Jesus vandag terugkeer. Maak seker dat jy nie net weet van Jesus nie, maar dat jy Hom ken. Vertel vir ander van Jesus. Ons almal sien eerste al die slegte dinge raak in Openbaring. Ons behoort Koning Jesus, ons Bruidegom, raak te sien. ‘n Wonderlike ewige toekoms wag vir ons wat gered is.
“MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie. Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie. Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees. Want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk word, is in die nag dronk. Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid. Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus wat vir ons gesterf het, sodat ons, of ons waak en of ons slaap, saam met Hom kan lewe. Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen.”
I THESSALONICENSE 5:1-11 AFR53
Lees meer:
Matthéüs 24
Markus 13
Lukas 21
Daniël 7-12
Joël 1-2
Jeremia 30
Eségiël 1-48
Sagaría 1-14
Openbaring 4-22
1 Thessalonicense 4,5
1 Korinthiërs 15:50-51