JESUS KON NIE VERBORGE BLY NIE
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 295 wordsJesus het dikwels vir Sy volgelinge gevra om nie aan ander te vertel van die wonderwerke wat Hy gedoen het nie. Jesus moes Homself beskerm sodat Hy op God se tydlyn gekruisig word. Dikwels het Hy na ander areas gegaan, maar “Hy kon nie verborge bly nie.” Hoe meer Jesus gevra het dat mense stilbly hoe meer is die Woord versprei.
As jy ‘n kind van God is, weet dat Jesus vir jou gesterf het en Heilige Gees altyd met jou is, kan jy nie stilbly nie. ‘n Lamp kan nie onder ‘n maatemmer verberg word nie. ‘n Klein mosterdsaad word ‘n groot boom. ‘n Klein bietjie suurdeeg word in meel gemeng en maak dat ‘n brood rys. God se koninkryk sal groei, want Jesus (binne jou) kan nie verborge bly nie.
“En Hy het hulle met nadruk beveel dat niemand dit moes weet nie,…”
MARKUS 5:43 AFR53
“EN Hy het opgestaan en daarvandaan na die gebied van Tirus en Sidon vertrek. En toe Hy in die huis gegaan het, wou Hy nie dat iemand dit sou weet nie; maar Hy kon nie verborge bly nie.”
MARKUS 7:24 AFR53
“En Hy het hulle beveel om dit aan niemand te sê nie; maar hoe meer Hy hulle dit beveel, hoe meer hulle dit verkondig.”
MARKUS 7:36 AFR53
“En onderwyl hulle van die berg afklim, gee Hy aan hulle bevel om aan niemand te vertel wat hulle gesien het voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie.”
MARKUS 9:9 AFR53
“En hulle oë het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie. Maar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak.”
MATTHÉÜS 9:30-31 AFR53