Jesus, ons ewige Koning
- 3 minutes read - 628 wordsMet Jesus se geboorte in Bethlehem het wyse manne die ster in die Ooste gesien. Hulle het na Bethlehem gegaan om die Koning van die Jode te ontmoet en geskenke te bring - Matthéüs 2:1-12.
In Lukas 19:11-28 lees ons hoe Jesus Sy verhaal as ‘n gelykenis vertel.
“Hy het dan gesê: 'n Man van hoë geboorte het na 'n ver land gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom. En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.”
LUKAS 19:12-14 AFR53
Die wat baie (talente volgens Matthéüs 25:14-30) ontvang het, het dit meer gemaak en hulle is daarvoor beloon. Die dienskneg wat slegs 1 pond/talent ontvang het, het dit veilig bewaar en nie werk gemaak om dit te vermeerder nie. Die pond is weggeneem en aan die dienskneg met 10 ponde gegee.
“want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het. Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.”
LUKAS 19:26-27 AFR53
“En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.”
MATTHÉÜS 25:30 AFR53
Jesus, die Seun van God, het die Hemel verlaat en na die aarde gekom. Hier moes Hy koning word. Baie mense wil Hom egter nie aanvaar as Koning nie. Toe Jesus gekruisig is het die Jode ‘n teken laat maak om Jesus te bespot.
“En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE.”
MATTHÉÜS 27:37 AFR53
Eendag, niemand weet presies wanneer nie, sal elke mens voor Koning Jesus staan. Gebruik jou talente en maak seker jou naam is geskryf in die boek van die lewe.
“EN ek het 'n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en 'n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”
OPENBARING 20:11-15 AFR53
“EN hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien. En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees. En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.”
OPENBARING 22:1, 3-5 AFR53
Jesus is vir altyd ons Koning - Openbaring 19:6, Sagaría 14:9, Daniël 7:13-14, 27.