JESUS SAL TERUGKEER OP DIE DERDE DAG
- 2 minutes read - 344 wordsAlles gebeur oor en oor.
“Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.”
PREDIKER 1:9 AFR53
Drie maande nadat die Israeliete Egipte verlaat het bereik hulle die berg Sinai. Die Israeliete moet hulle klere was en heilig gemaak word sodat hulle gereed kon wees vir die derde dag. Ons moet heilig/skoon word sodat ons gereed is vir Sy koms.
“en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die Here voor die oë van die hele volk (in ‘n wolk) op die berg Sinai afdaal.”
EXODUS 19:11 AFR53
In die Nuwe Testament was Jesus in die graf en op die derde dag het Hy opgestaan of teruggekeer. Hy het dit een keer gedoen en Hy sal weer op die derde dag terugkeer.
“en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;”
I KORINTHIËRS 15:4 AFR53
“En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.”
MARKUS 13:26 AFR53
“Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.”
I THESSALONICENSE 4:16 AFR53
“Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.”
HOSÉA 6:2 AFR53
God het in die Ou Testament in ‘n wolk op die berg verskyn op die derde dag. (Daar is baie meer verwysings na die derde dag in die Ou Testament.) Jesus het op die derde dag opgestaan in die Nuwe Testament. Jesus sal weer terugkeer op die derde dag. (Een dag is soos ‘n 1000 jaar vir God.) Maak soos die Israeliete en heilig jouself sodat jy reg is vir Sy wederkoms. Bou intimiteit met God, lees jou Bybel, maak Jesus jou beste vriend en luister na die Heilige Gees.