JESUS SE SOLDATE
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 300 wordsDis ‘n tyd van deurbraak en oorwinning, maar dit gaan ongelukkig met ernstige geestelike oorlogvoering, gepaard. Ons gebedslys is langer as ooit tevore; baie vriende en familie is siek. Aan die een kant sien en voel ek die oorwinning en aan die anderkant sien ek die vyand wat alles probeer om dit stop te sit.
Ons is Jesus se soldate. Elke soldaat gaan deur ‘n tydperk van opleiding - Efésiërs 6. Dit het nou tyd geword dat ons daardie opleiding gebruik. Elke soldaat van Jesus moet nou prakties toepas wat hy/sy geleer het. Slegs die soldate wat deelneem aan die oorlog sal die oorwinning en deurbraak ervaar. Dawid het homself versterk in God en dit het hom gehelp om nie moeg te raak vir die oorlog nie.
“En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.”
I SAMUEL 30:6 AFR53
Gaan jy passief sit en kyk, of gaan jy God se koninkryk uitbrei? Gebruik die vyand se aanval tot jou voordeel.
“Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”
ROMEINE 8:35-39 AFR53