Jesus wil vir ons meer leer
- 2 minutes read - 385 words“En toe hulle hoor dat hy (Paulus) hulle in die Hebreeuse taal toespreek, was hulle nog stiller. En hy sê: Ek is 'n Jood, gebore in Tarsus in Cilícië, maar opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamáliël, streng ooreenkomstig die voorvaderlike wet, 'n yweraar vir God soos julle almal vandag is.”
HANDELINGE 22:2-3 AFR53
Voor Paulus (Saulus) se Damaskus ervaring was hy ‘n skrifgeleerde wat die Joodse wette gevolg het. Hy was ‘n Jood, maar ook ‘n Romeinse burger - Handelinge 22:25-29. Na sy ontmoeting met Jesus het Paulus homself vir 3 jaar lank afgesonder in Arabië terwyl die Heilige Gees hom geleer het. Paulus het die wet by ander Jode geleer, maar sy intieme verhouding met Jesus het hy in afsondering gebou. Paulus kon daarna die Woord verkondig aan die heidinne.
“Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie, en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus. Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly; en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.”
GALÁSIËRS 1:15-19 AFR53
Jesus het homself dikwels afgesonder om alleentyd by die Vader te hê. Ek glo ons moet tyd spandeer met ander Christene, maar ons moenie dit doen ten koste van ons stiltetyd nie. Dis goed om by ander te leer, maar dis beter om direk by Jesus te leer.
“Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.”
MATTHÉÜS 23:10 AFR53
“maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”
JESAJA 40:31 AFR53
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
MATTHÉÜS 6:6 AFR53