JOGA EN MEDITASIE IS NABOOTSERS
- 2 minutes read - 235 wordsDink aan Jesus se volgelinge wat saam gebid en gewag het op die koms van die Heilige Gees (Handelinge 1 en 2). God se Gees het daarna gekom en hul lewens totaal oorgeneem. Daar was wind, vlamme, nuwe tale en swak mense het in sterk mense vol outoriteit verander. Petrus wat vroeër Jesus verloën het, het sy lewe gewaag om die Woord te verkondig. ‘n Ongeletterde vissersman kon nou vol outoriteit praat. Selfs sy skaduwee het mense genees. Dit is wat gebeur wanneer ons op God wag en gevul word met Sy Gees. Ons lees selfs in die Ou Testament dat ons krag ontvang wanneer ons op God wag.
“maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”
JESAJA 40:31 AFR53
Natuurlik sal die vyand dit probeer naboots met dinge soos joga en meditasie en ongelukkig word mense dan gevul met demoniese geeste. Gelukkig het ons outoriteit ontvang om van hierdie bose geeste ontslae te raak.
“En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.”
MARKUS 16:17-18 AFR53