Johannes 17
- 2 minutes read - 240 wordsJesus is vir ‘n spesifieke doel aarde toe gestuur.
- Sodat God verheerlik kon word.
- Sodat Jesus verheerlik kon word soos wat Hy verheerlik was, voordat Hy aarde toe gekom het.
- Sodat ons die heerlikheid van God kan ontvang.
- Sodat ons die ewige lewe kan ontvang. Die ewige lewe is om vir God en Jesus te ken.
- Jesus het gekom om die Vader aan mense bekend te stel en sodat ons kan glo Vader God het Hom gestuur.
- Sodat ons een met God en Jesus kan word soos God en Jesus een is.
- Jesus het God se Woord gebring. Hy is die Woord.
- Sodat Jesus ons kan stuur, soos God Jesus gestuur het.
- Sodat ons vol liefde kan wees, soos Jesus en die Vader.
“En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.”
JOHANNES 17:22 AFR53
Die wêreld het Jesus gehaat en daarom moet ons nie verbaas wees as die wêreld ons haat nie. Jesus is nie van die wêreld nie. Daarom is ons ook nie van hierdie wêreld nie.
Ons moet die Waarheid, Jesus, ken.
Met Jesus se kruisiging en opstanding is Sy werk voltooi op aarde. Dis tyd dat ons almal ons werk op aarde verrig sodat God daardeur verheerlik kan word.
“Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.”
HÁBAKUK 2:14 AFR53