JOHANNES 10
Janine Forsyth
- 5 minutes read - 920 wordsHebreeuse Jochanan - Strong’s H3110/G2491 - “Yahweh is gracious”,
“Jehovah is a gracious giver” - Thayer Lexicon.
“God has favoured, the grace of God, love” - The Divinity code to understanding your dreams deur Adam Thompson en Adrian Beale.
Johannes se naam beteken letterlik genade van God.
Die apostel/dissipel Johannes stel ons op ‘n ander manier voor aan Jesus. Die ander apostels vertel van Sy geboorte en bloedlyn. Johannes wys vir ons dat Jesus van die begin af daar was - Johannes 1:1-5. Hy wys vir ons dat Jesus ons goeie herder is wat Sy lewe afgelê het vir ons. Johannes sien homself as Jesus se geliefde, die een wat genade van Jesus ontvang het (Aramees -TPT) - Johannes 13:23. Johannes wys vir ons dat ‘n verhouding met Jesus nodig is.
Jesus is die enigste deur wat toegang gee tot die Vader. Goeie werke, gehoorsaamheid, ander gode of aksies kan ons nie by die Vader bring nie. Satan is ‘n dief en ‘n dief kom nie by die deur in nie; hy wil steel, roof en doodmaak. Jesus bring lewe en vryheid.
“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”
OPENBARING 3:20 AFR53
“VOORWAAR, voorwaar Ek sê vir julle, wie nie by die deur in die skaapstal ingaan nie, maar van 'n ander kant af inklim, hy is 'n dief en 'n rower. Maar hy wat by die deur ingaan, is 'n herder van die skape. Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit. En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal 'n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie. Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken. Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.”
JOHANNES 10:1-5, 7-11, 14-15 AFR53
Sy skape ken net Sy stem; ons moet wegvlug van ‘n vreemde stem. Jesus ken Sy volgelinge en Sy volgelinge ken Hom. Dit is lewensbelangrik om Jesus te ken en in Hom te glo.
“Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”
MATTHÉÜS 7:21-23 AFR53
“Maar julle glo nie, want julle is nie van my skape nie, soos Ek vir julle gesê het. My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.”
JOHANNES 10:26-30 AFR53
Jesus het teruggekeer na die plek waar Hy gedoop is en baie het in Hom geglo. Johannes die Doper het nie wonderwerke gedoen nie. Hierdie Johannes se doel was om die mense te kry om vergifnis te vra, te laat doop en bekend te stel aan Jesus. Geen mens was belangriker (groter) as Johannes die Doper nie totdat Jesus gekom het. Na Johannes die Doper het ‘n nuwe Jesus era begin. God se volgelinge het outoriteit ontvang deur Jesus. Jesus se volgelinge kan God ken, Sy Gees ontvang en wonderwerke doen.
“En Hy het weer oor die Jordaan gegaan na die plek waar Johannes eers gedoop het; en Hy het daar gebly. En baie het na Hom gekom en gesê: Johannes het wel geen teken gedoen nie, maar alles wat Johannes van Hom gesê het, was waar. En baie het daar in Hom geglo.”
JOHANNES 10:40-42 AFR53
“Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy. Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld. Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.”
MATTHÉÜS 11:11-13 AFR53