Josef was ‘n skaduwee van Jesus
- 2 minutes read - 264 wordsJakob was baie lief vir Josef. Josef se broers het hom egter gehaat. Toe Josef sy 2 drome met sy familie deel was almal baie ontsteld. Hulle het gedink Josef is arrogant en was vol ongeloof dat hulle ooit voor Josef sou neerbuig - Génesis 37.
“Want ook sy broers het nie in Hom geglo nie.”
JOHANNES 7:5 AFR53
Jesus se broers het aanvanklik nie gedink dat Hy die Messias was nie. Maria en Jesus se half-broers en half-susters het nie vir Jesus gevolg nie - Lukas 8:1-3, 19-21. Die dissipels en ander mans en vroue het wel vir Jesus gevolg.
Josef se eie broers het hom verraai deur hom te verkoop. Josef se lewe was nie maklik nie. Hy is onskuldig in die tronk gegooi en die skinker het vir 2 jaar van hom vergeet. Op die derde dag (met die Farao se verjaarsdag) het Josef tweede in bevel geword in die land. Josef het sy familie gered en hulle moes voor hom neerbuig - Génesis 39-45.
Die mense van Násaret was vol ongeloof en het nie in Jesus geglo nie. Jesus is verraai deur Sy eie mense: Sy dissipel, Judas Iskariot, en die Jode. Onskuldige Jesus het die sonde van die wêreld op Hom geneem. Op die aarde was Jesus tweede in bevel - na die Vader. Jesus sal tot Sy regmatige posisie kom na 2000 jaar. Op die derde dag het Jesus uit die graf gekom en op die derde dag sal Hy terugkeer en regeer as Koning in Jerusalem. Jesus het ons gered en almal sal voor Hom neerbuig.