JOU INDIVIDUELE ROEPING
- 3 minutes read - 610 wordsExodus 2-6, Númeri 1, 12, 16, 20
God het vir ons elkeen ‘n roeping. Partykeer raak mense verward en wil hulle familie lede se roeping volg. Kyk na Aäron, Moses, Mirjam en Korag se lewens. Hulle was almal Leviete.
LEVIETE:
Abraham en Sara het ‘n seun Isak gehad.
Isak en Rebekka het 2 seuns Esau en Jakob gehad.
Jakob en Lea het 4 seuns gehad. Hulle derde seun was Levi.
Jakob het 12 seuns gehad waaruit die 12 stamme van Israel gevorm is
Levi het 3 seuns gehad, Gerson, Kehat en Mérari.
Kehat het 4 seuns gehad, Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.
Amram en sy tante Jogébed was die ouers van Aäron, Mirjam en Moses.
Jishar (Amram se broer) het ‘n seun met die naam Korag gehad. Korag was dus Moses se neef.
Elkeen van die Leviete het ‘n spesifieke roeping gehad.
Die Leviete moes na die tabernakel omsien. Dit was ook die Leviete wat later diens gedoen het in die tempel.
Mirjam was ‘n profetes en sangleier.
Aäron was geroep om die eerste hoërpriester te wees.
Moses moes die Israeliete uitlei uit Egipte en moes kommunikeer met die Farao. God was kwaad toe Moses dit nie alleen wou doen nie, want dit was Moses se roeping. Moses het gedink dat sy roeping te groot en moeilik was. Moses moes ‘n hele nasie red. Daarom wou satan Moses met sy geboorte reeds doodmaak. Selfs Mirjam en Aäron het ‘n probleem met Moses gehad. Gevolglik het Mirjam melaats geword en Moses moes bid vir haar genesing.
Korag (‘n Leviet en Moses se neef) en 2 manne uit die stam van Ruben (Datan en Abíram) het 250 manne bymekaar gekry om te rebelleer teen God en ook teen Moses en Aäron se leierskap. Die aarde het Korag, Datan, Abíram en hulle families ingesluk. Die ander 250 mans het verbrand. In die Ou Testament is sondige mense gesterf om die 12 stamme skoon te hou vir God. In die Nuwe Testament bring Jesus genade en kry almal voortdurend kans om hulle sonde te bely. Rebellie teen God se leierskap en jou roeping bly steeds sonde. Korag het sy leierskap eienskappe vir satan gebruik en nie vir God nie.
Baie later slaan Moses die rots (Jesus - 1 Korinthiërs 10:4) uit frustrasie. Moses en Aäron verloor hulle geleentheid om die Beloofde Land in te trek.
LESSE:
Mense wat nie besig is met hulle eie roeping nie sal probeer inmeng met jou roeping.
Jou familie sal nie noodwendig jou roeping ondersteun nie.
Jou roeping kom van God.
Mense kan nie vir jou besluit waarvoor God jou geroep het nie.
Jy is nie alleen nie - God sal jou help om daardie groot roeping te voltooi.
Nie almal van ons is geroep om met konings en leiers te werk/kommunikeer nie.
God roep die beste leiers en dit is dikwels mense wat nie leiers wil wees nie.
Meer mense se roeping is in die agtergrond as op die voorblad of verhoog.
Moenie jaloers wees oor ander se roeping nie.
Jou Skepper het jou gemaak vir ‘n spesifieke roeping.
Fokus op God en jou roeping.
Moenie dat ander mense se sonde jou frustreerd maak nie.
Moenie God se beste mis oor ander mense nie.
Daar is ‘n God gegewe rol en ‘n doel vir elke mens.
Jou vriende, ouderdom, ras, onkunde, verlede, of geslag kan jou nie diskwalifiseer nie.
Net jy kan besluit of jy God se roeping wil volg.
Moenie verbaas wees as satan jou probeer stop nie.
Vind Jesus en jou roeping.
“En sê aan Archíppus: Gee ag op die bediening wat jy ontvang het in die Here, dat jy dit vervul.”
KOLOSSENSE 4:17 AFR53