JUDA
- 3 minutes read - 439 wordsJuda was die vierde seun van Jakob en Lea - Génesis 29:31-35.
Die naam Juda beteken “geprys”.
Juda het sy broers oortuig om Josef te verkoop en nie dood te maak nie – Génesis 37:26.
Juda het die dogter van Sua, ‘n Kanaäniet, as vrou geneem. Abrahan wou nie hê dat Isak met ‘n Kanaäniet trou nie - Génesis 24:3. Die Kanaäniete was afstammelinge van Gam - Génesis 9-10. Gam was vol sonde en daarom was dit verkeerd om met iemand in sy bloedlyn te trou.
Juda het 3 seuns by die Kanaänitiese vrou gehad: Er (oplettend) , Onan (moeilikheid/krag) en Sela (uitgestuur). Er het met Tamar (palmboom) getrou. Er het sonde gedoen en gesterf. Daarna het Onan vir Tamar as vrou geneem, maar hy het ook gesterf. a.g.v. sy sonde. Juda was bang dat Sela ook sou sterf en het daarom hom nie laat trou met Tamar nie. Tamar moes toe self ‘n plan maak om ‘n nageslag te hê. Sy het haarself voorgedoen as ‘n prostituut en het swanger geraak by Juda. Drie maande later wou Juda vir Tamar laat verbrand omdat sy swanger was. Toe Tamar laat weet dat Juda die pa was, het Juda besef hy het verkeerd gedoen deur Tamar nie aan Sela as vrou te gee nie.
Juda en Tamar het ‘n tweeling seuns gehad en hul name was Peres (verdeeldheid/ skeuring) en Serag (rooi) - Génesis 38. Peres word in die geslagsregister van Jesus gevind - 1 Kronieke 2:3-5, Rut 4:18-22, Matthéüs 1:3.
Judas het eers met die verkeerde vrou getrou en Jesus kon nie gebore word uit die Kanaäniete nie. Ek glo Tamar was deel van God se plan. Juda het ook foute gemaak met sy kinders tog het Jakob wonderlike seëninge oor sy seun uitgespreek.
“Juda, jy is dit! Jou sal jou broers loof. Jou hand sal op die nek van jou vyande wees; voor jou sal die seuns van jou vader hulle neerbuig. Juda is 'n jong leeu; van die roof af het jy opgeklim, my seun. Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin; wie sal hom opjaag? Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok; Hy was sy kleed in wyn en sy gewaad in druiwebloed.”
GÉNESIS 49:8-11 AFR53
Die woorde van Jakob was profeties en het na Jesus verwys. Wanneer God na Jesus se bruid kyk sien Hy ons sondeloos en vol potensiaal.