JUNIE
- 2 minutes read - 383 wordsHierdie sesde maand behoort aan God, soos elke ander dag en maand van die jaar. God het die mens geskape na Sy beeld op die sesde dag en dit was baie goed.
“Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.”
PSALMS 118:24 AFR53
Ses simboliseer ook Vader, Seun en Heilige Gees in samewerking met liggaam, siel en gees van die mens. Dit is die perfekte kombinasie. God wil jou gebruik en deur jou werk. Ons leef ook op die laaste en sesde dag. Op die sewende dag, die jaar 6000, sal ons die 1000 jaar vrederyk binnegaan met Jesus as Koning.
Eségiël en Johannes het die reënboog bo God se troon gesien.
“Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die Here gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.”
ESÉGIËL 1:28 AFR53
“En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon. En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 'n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos 'n smarag.”
OPENBARING 4:2-3 AFR53
“EN ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;”
OPENBARING 10:1 AFR53
Die reënboog was eerste deel van God voordat God dit as simbool van Sy belofte gegee het. Toe God dus aan Noag die boog as teken gee het Hy ‘n stukkie van Homself gegee. Die boog verteenwoordig God en niks en niemand anders nie. God noem dit: “My boog”.
“En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte:
my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.”
GÉNESIS 9:12-13 AFR53
Laat jou lig skyn in hierdie donker wêreld.