Jy het die Heilige Gees om jou te help.
- 4 minutes read - 787 wordsDikwels lyk dit of Christene net so verlore soos die wêreld is. Dit is asof Christene vergeet hulle het God se Gees binne hulle.
Jesaja het profeteer dat dinge sal verander wanneer “die Gees uit die hoogte” kom. Die Heilige Gees kan jou help om jou verlore situasie in ‘n suksesvolle situasie te verander.
“Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee — totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.”
JESAJA 32:14-15 AFR53
Joël het profeteer dat wanneer God se Gees kom sal oud en jonk drome droom en gesigte sien. In Handelinge 2 het 120 van Jesus se volgelinge die Heilige Gees ontvang. Dit was slegs die begin.
“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.”
JOËL 2:28-29 AFR53
Jesus het ‘n Trooster gestuur wat vir ALTYD by ons is. Die Heilige Gees sal ons leer en herinner aan alles wat Jesus gesê het.
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.
As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.
Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.”
JOHANNES 14:12-18, 20-21, 26-27 AFR53
Die Heilige Gees sal ons in die waarheid lei. Ons sal nie mislei word in die eindtyd nie, want God se Gees sal vir ons wys wat die waarheid is. Die Heilige Gees sal ook vir jou wys wat God se plan vir jou lewe is.
“Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.”
JOHANNES 16:13 AFR53
Jy het reeds alles ontvang om ‘n lewe vol oorwinning te ervaar. Wanneer jy verlore voel herinner jouself dat God se Gees binne jou woon. Jy is nie ‘n verlore weeskind nie. Jy is ‘n koningskind vol van die Heilige Gees. Vra altyd vir Hom vir meer insig en wysheid.
2 Peter 1:3TPT
Everything we could ever need for life and godliness has already been deposited in us by his divine power. For all this was lavished upon us through the rich experience of knowing him who has called us by name and invited us to come to him through a glorious manifestation of his goodness.
“IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”
II PETRUS 1:3-4 AFR53
“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.”
JAKOBUS 1:5 AFR53