JY HET ‘N ERFPORSIE ONTVANG
- 7 minutes read - 1474 words“en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.”
ROMEINE 8:17 AFR53
“En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.”
HEBREËRS 9:15 AFR53
Om ‘n erfporsie te ontvang moes iemand eers sterf. Meeste Christene weet dat hulle die EWIGE LEWE as erfporsie ontvang het nadat Jesus vir hulle gesterf het. Wat baie Christene nie besef nie is dat ons erfporsie baie groter is as lewe na die dood.
“Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.”
JESAJA 54:17 AFR53
Jy het bo-natuurlike BESKERMING ontvang - Psalms 91.
“En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”
JOHANNES 14:16-17, 26 AFR53
“Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.”
JOHANNES 16:13 AFR53
“My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.”
JOHANNES 10:27 AFR53
Jy het die HEILIGE GEES ontvang. Jy kan nou God se stem hoor en profeteer. Elke Christen het PROFESIE as erfdeel ontvang. Jy het ook OORDEELSVERMOË verkry sodat jy nie mislei word nie.
“Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.”
EFÉSIËRS 4:8 AFR53
“want ek verlang om julle te sien, om julle een of ander geestelike genadegawe mee te deel, sodat julle versterk kan word; dit is, dat ek saam bemoedig kan word onder julle deur die gemeenskaplike geloof, van julle sowel as van my.”
ROMEINE 1:11-12 AFR53
“Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.”
I TIMÓTHEÜS 4:14-16 AFR53
“Namate elkeen 'n genadegawe ontvang het, moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige genade van God.”
I PETRUS 4:10 AFR53
Jy het GAWES ontvang - Romeine 12 en 1 Korinthiërs 12. Hierdie gawes moet ons gebruik om God se Koninkryk te bou.
“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.”
JOHANNES 14:27 AFR53
“Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
JOHANNES 16:33 AFR53
Jy het bo-natuurlike VREDE ontvang.
“maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.”
HANDELINGE 1:8 AFR53
“En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.”
ROMEINE 8:11 AFR53
Jy het KRAG en ook OPSTANDINGSKRAG ontvang sodat Jesus wonderwerke deur jou kan doen.
“En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.”
MATTHÉÜS 28:18 AFR53
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo — die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word. As julle iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.”
JOHANNES 14:12-14 AFR53
“Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”
LUKAS 10:19 AFR53
Jy het OUTORITEIT ontvang om meer te doen as wat Jesus gedoen het.
“Want hy wat in 'n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God; want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede. Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente. Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang. Daarom moet hy wat in 'n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.”
I KORINTHIËRS 14:2, 4-5, 13-15 AFR53
Jy het ANDER TALE ontvang. Toe die 120 die Heilige Gees ontvang het, het hulle ook die vermoë ontvang om in ander tale te bid - Handelinge 2. Wanneer jy nie weet wat om te bid nie, kan jy in tale bid. Tale help ons om ‘n intieme verhouding met Jesus te bou.
“want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.”
PSALMS 91:11 AFR53
“Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!”
PSALMS 103:20 AFR53
“Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?”
HEBREËRS 1:14 AFR53
God stuur ENGELE om ons te help. Selfs Jesus is versterk deur engele - Matthéüs 4:11 en Lukas 22:43.
Die bekendste erfporsie verhale in die Bybel is sekerlik die verhaal van die verlore seun in die Nuwe Testament (Lukas 15) en die verhaal van Esau in die Ou Testament (Génesis 25,27). Al twee jongmans het nie veel waarde aan hul erfdeel geheg nie. Die verlore seun het sy erfdeel vermors en Esau het so min waarde geheg aan sy erfporsie dat hy sy erfposie vir lensiesop verruil het. Esau wou sy onmiddellike vleeslike behoefte om te eet, bevredig. Vandag sou ons sê hy is deur sy vlees gelei eerder as die Gees. Esau se tweelingbroer Jakob het die geleentheid aangegryp om die ete te verruil vir Esau se erporsie wat hy sou ontvang wanneer Isak sterf. Esau was kortsigtig en sou later baie ontsteld wees wanneer hy besef hy het sy regmatige erfdeel verbeur. Selfs die Nuwe Testament waarsku ons om nie Esau se voorbeeld na te volg nie (Hebreërs 12:15-16). Moenie soos Esau aan die einde van jou lewe terugkyk en besef jy het jou erfporsie verbeur nie. Dan sal dit te laat wees. Isébel het Nabot laat stenig omdat hy nie bereid was om sy erfporsie te verkoop aan Koning Agab nie. Nabot het gekies om gehoorsaam aan God te bly (1 Konings 21). Jou regmatige erfdeel is die ewige lewe, bo-nauurlike vrede, voorsiening en beskerming van God, die werking van die Heilige Gees deur jou om ‘n intieme verhouding met God te hê, maar ook die vermoë om die “groter werke” te verrig. Jesus het vir ons ‘n ryk erfporsie nagelaat en ek wil jou aanmoedig om alles in jou vermoë te doen om dit te ervaar.
“dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;”
EFÉSIËRS 1:17-18 AFR53