JY HET REEDS GELOOF ONTVANG
- 5 minutes read - 1027 wordsOns almal het geloof ontvang. Geloof is ‘n geskenk van God. Jy het reeds ‘n perfekte hoeveelheid geloof ontvang.
“Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.”
ROMEINE 12:3 AFR53
Geloof is so groot soos ‘n mosterdsaad.
“En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”
MATTHÉÜS 17:20 AFR53
Ongeloof werk teen geloof en kanselleer dit uit. Gevolglik is daar nie resultate nie. In Násaret kon Jesus geen wonderwerke doen nie omdat die mense Hom gesien het as die seun van Josef en vol ongeloof was. Jesus is die Seun van God. Jesus was verbaas oor die mense se ongeloof, want Hy het geweet elke mens het geloof ontvang van die Vader. Jou ongeloof kan in die pad staan van jou wonderwerk.
“En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie.”
MATTHÉÜS 13:58 AFR53
“En Hy was verwonderd oor hulle ongeloof. Daarop het Hy die dorpe rondom deurgegaan en geleer.”
MARKUS 6:6 AFR53
“En ons sien dat hulle (die Israeliete) deur ongeloof nie kon ingaan nie.”
HEBREËRS 3:19 AFR53
Baie Jode in die Nuwe Testament het deur hulle ongeloof die Messias verwerp. Jode kan egter deur geloof steeds Jesus aanvaar as die Messias.
Paulus was vol ongeloof toe hy die Christene vervolg het. Na sy Damaskus ervaring was hy vol geloof.
“my wat vroeër 'n lasteraar en 'n vervolger en 'n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof. En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.”
I TIMÓTHEÜS 1:13-14 AFR53
“Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.”
ROMEINE 11:20, 23 AFR53
Jesus kan ons help met ons ongeloof.
“En dadelik roep die vader van die kind met trane uit en sê: Ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp!”
MARKUS 9:24 AFR53
Abraham het geglo dat God vir hulle ‘n kind sal gee al het dit onmoontlik gelyk.
“soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees. En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.”
ROMEINE 4:17-22 AFR53
Moenie dat jou fisiese oë en omstandighede jou geloof teenstaan nie. Die dissipels se ongeloof was sterker as hulle geloof na Jesus se dood.
“Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie.”
MARKUS 16:14 AFR53
’n Harde hart veroorsaak dat mense ongelowig raak.
“Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou; omdat daar gesê word: Vandag as julle sy ustem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.”
HEBREËRS 3:12-15 AFR53
“DIE geloof dan is 'n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.”
HEBREËRS 11:1 AFR53
Jesus het dikwels gesê dat mense se geloof hulle genees of gered het. Die dissipels se ongeloof het veroorsaak dat hulle nie die maansieke seun kon genees nie (Matthéüs 17). Om te bid en te vas gee vir jou openbaring van die geloof wat jy ontvang het.
“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.”
ROMEINE 10:17 AFR53
Jesus het nie eers gebid en vas voor Hy die demoon uit die maansieke seun gedryf het nie. Bid en vas was deel van Jesus se lewe. Dit is ook hoe ons ook kan keer dat ongeloof en ‘n harde hart ons geloof kan teenstaan.
“Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.”
HEBREËRS 5:14 AFR53
“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”
ROMEINE 12:2 AFR53
Bid en vas het aan Jesus die openbaring gegee dat Hy geloof ontvang het van die Vader en daarom kon Hy almal genees.
“Toe Jesus dit bemerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak,”
MATTHÉÜS 12:15 AFR53
Identifiseer ongeloof en raak ontslae daarvan sodat niks jou geloof kan teëstaan nie. Onthou elke Christen het reeds geloof ontvang.