Jy is brawer as wat jy dink
- 3 minutes read - 467 words“'n Goddelose vlug sonder dat iemand hom agtervolg, maar regverdiges is vol vertroue, soos 'n jong leeu.”
Spreuke 28:1 AFR20
Die euwel is arrogant en hopeloos te braaf op die oomblik. Dis asof niemand meer skaam is vir hulle sonde nie. Mense dra sonde op hul moue asof hulle trots is daarop. Sonde is nie meer beperk tot ‘n kroeg, bordeel of ‘n blou film nie. Dit is oral. Dit word in ons en ons kinders se kele afgedruk asof dit goed is vir ons. Sommige kerke ondersteun selfs die nuwe neigings. Glo my God is nie verbaas hieroor nie.
God het reeds van die begin af geweet daar sal nou ‘n tyd wees waar dit lyk of die euwel wen. God het voorsiening gemaak deur ons Sy kinders te maak.
“Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;”
ROMEINE 8:14-16 AFR53
Ons is kinders van God en die hele skepping wag dat ons vol van die Gees en heerlikheid sal optree, soos kinders van God.
“Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.”
ROMEINE 8:19 AFR53
Wanneer ons oë op Jesus is i.p.v. ons foute word ons meer soos Jesus.
“Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;”
ROMEINE 8:29 AFR53
Die kinders van God kan nou almal “die groter werke” doen. Die Leeu van Juda woon binne - in jou en jy is brawer as wat jy dink. Ons gaan die volheid van die Joël 2 profesie sien. Gaan jy terugsit en kyk? Of gaan jy braaf opstaan en waarlik optree soos ‘n kind van God?
“En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet. En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom. En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die Here gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die Here sal roep.”
JOËL 2:28-32 AFR53