JY IS GEROEP
- 2 minutes read - 256 words“EK vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,”
EFÉSIËRS 4:1 AFR53
Paulus het die Efésiërs aangemoedig om ‘n heilige lewe te lei wat pas by mense wat in diens van God is. As niemand dit nog ooit vir jou gesê het nie, wil ek vandag vir jou sê dat God jou geroep het. Baie van ons het altyd gehoor dat kerkleiers geroep is deur God en die res van ons moet ander werk doen en Sondae kerk toegaan. Die Afrikaanse Bybel sê baie is geroep terwyl die TPT (The Passion Translation) sê dat almal geroep is.
“For everyone is invited to enter in, but few respond in excellence.””
Matthew 22:14 TPT
God het ‘n boek geskryf vol planne vir jou lewe.
“U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.”
PSALMS 139:16 AFR53
Almagtige God maak nie glipsies nie. God het gekies dat jy gebore word. Jou omstandighede is dalk nie perfek nie, maar jy lewe vandag omdat God nog planne vir jou het. Jy is geroep en jy het spesifieke missies wat God wil hê jy moet afhandel. Vader God, Jesus, die Heilige Gees, engele en ander mense wat God op jou pad plaas is daar om jou te help.
Jy kan jou roeping ignoreer, verskonings maak of minderwaardig voel en dit mis. Of jy kan God heelhartig volg en jou volle potensiaal uitleef.