KANAÄN/CANAAN
- 4 minutes read - 698 wordsGOD HET KANAÄN AAN DIE ISRAELIETE GEGEE
Lees Génesis 9-12.
Ek het altyd gewonder waarom God die land Kanaän aan die Israeliete gegee het. Noag het 3 seuns gehad - Sem, Gam en Jafet. Wanneer hulle uit die ark kom noem die Bybel dat Gam die vader van Kanaän is - Génesis 9:18. Sommige skrywers reken dat Gam egbreuk gepleeg het op die ark en Kanaän die produk daarvan was. Dan plant Noag ‘n wingerd en word dronk. Noag word nie gestraf daarvoor nie, want voor die vloed was daar nie fermentasie nie. Gam word gestraf omdat hy teen sy vader gesondig het. Sy nageslag (Kanaän) word vervloek. Die Kanaäniete word gebore en bestaan uit 11 nasies.
“En Kanaän was die vader van Sidon, sy eersgeborene, en Het en die Jebusiete en Amoriete en Girgasiete en die Hewiete en Arkiete en Siniete en die Arwadiete en Semariete en Hamatiete. En daarna het die geslagte van die Kanaäniete hulle versprei. En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa. Dit was die seuns van Gam volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, in hulle nasies.”
GÉNESIS 10:15-20 AFR53
Nimrod (seun van Kus), was ‘n rebel en was betrokke met die bou van sondige stede soos Babel en Ninevé. Nimrod was ook ‘n kleinseun van Gam, maar hy was nie ‘n Kanaäniet nie. In Génesis 10 lees ons ‘n paar keer dat familie lede verskillende tale gepraat het. Dit verwys na die verstrooing wat plaasgevind het na die bou van die toring van Babel. Gam se 4 seuns het 4 lande gevorm - Kus (Ethiopië), Misraím (Egipte), Put (Libië of Somalië) en Kanaän (Palestinië).
“En ook vir Sem, die stamvader van al die seuns van Heber (die oorsprong van die Hebreërs), die ouer broer van Jafet, is seuns gebore.”
GÉNESIS 10:21 AFR53
Die Kanaäniete is vervloek a.g.v. hulle sondes. Daarom het God die land Kanaän aan Sem se nageslag gegee. Abraham was deel van Sem se nageslag en het later die land Kanaän ontvang. Eers baie later trek Josua en die Israeliete die land Kanaän binne en Israel word gevorm.
GOD GAVE CANAAN TO THE ISRAELITES
Read Genesis 9-12.
I always wondered why God gave the land Canaan to the Israelites. Noah had 3 sons - Shem, Ham, Japheth. When they left the ark the Bible mentions that Ham was the father of Canaan - Genesis 9:18. Some writers think that Ham committed adultry on the ark and that Canaan was born. Later Noah planted a vineyard and got drunk. Noah wasn’t punished for it, because fermentation only started after the flood. Ham was punished for sinning against his father. His descendants (Canaan) was therefore cursed. The Canaanite nation formed and consisted of 11 nations.
Genesis 10:15-20 TPT
Canaan was the father of Sidon (his firstborn), the Hittites, [16] the Jebusites, the Amorites, the Girgashites, [17] the Hivites, the Arkites, the Sinites, [18] the Arvadites, the Zemarites, and the Hamathites. The families of the Canaanites eventually scattered across [19] the Canaanite territory extending from Sidon toward Gerar to Gaza including Sodom, Gomorrah, Admah, and Zeboiim, as far as Lasha. [20] These were the descendants of Ham by families, lands, languages, and nations.
Nimrod, son of Cush, was a rebel and was involved in building evil cities like Babel and Nineveh. He was a grandson of Ham, but not a Canaanite. Genesis 10 mentions a few times that families were speaking different languages. This refers to the dispersion that took place after the building of the tower of Babel. Ham’s 4 sons formed 4 countries - Cush (Ethiopia), Mizraim (Egypt), Put (Libya or Somalia) and Canaan (Palestine/Phoenicia).
Genesis 10:21 TPT
Shem, the older brother of Japheth, also had sons and was the ancestor of all the sons of Eber, who were also known as “Hebrews.”
Due to their sins the Canaanites were cursed. God therefore gave Canaan to Shem’s descendants. Abraham was part of Shem’s descendants and later received the land Canaan. Much later Joshua and the Israelites moved into Canaan and it was called Israel.