KERSFEES
- One minute read - 211 wordsKom ons wees vrygewig hierdie Kersseisoen. Jesus het aarde toe gekom en Sy lewe vir jou gegee. Kom ons gee aan die mense wat werkloos is. Koop ‘n paar ekstra geskenkies of blikkies kos en help die mense in jou omgewing. Kom ons gee aan die vervolgde kerk. Geopende Deure doen wonderlike werk, ondersteun hulle as jy kan.
“Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was 'n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom. Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom? En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.”
MATTHÉÜS 25:35-40 AFR53