Kinders van God laat julle lig skyn
- 3 minutes read - 528 words
“Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.”
I KORINTHIËRS 2:6 AFR53
“However, there is a wisdom that we continually speak of when we are among the spiritually mature. It’s wisdom that didn’t originate in this present age, nor did it come from the rulers of this age who are in the process of being dethroned.”
1 Corinthians 2:6 TPT
Jesus se oplossing vir die donkerte is om jou lig te laat skyn. Lig was in Génesis 1 reeds die oplossing vir die duisternis.
“IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;”
GÉNESIS 1:1-4 AFR53
God het nie die donkerte geskep nie. God het die lig geskep en dit van die donkerte geskei. Die val van satan het die duisternis veroorsaak. Die donkerte ontstaan dus waar bose geeste oorneem (Efésiërs 6:12). Selfs ‘n kerk kan donker word.
“Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.”
JOHANNES 1:12-13 AFR53
Hoe sal die leiers van hierdie donker wêreld “onttroon” word of hul posisies verloor?
Wanneer ons leef soos seuns (kinders) van God sal ons nie die donkerte verdra nie. Jesus is gebore in ‘n tyd waar die donkerte gewen het. Hy het geleef soos ‘n Seun van God en Sy Lig laat skyn. Siekes het gesond geword, mense het vrygekom van demone en wonderwerke het Hom gevolg. Jesus het die euwel onttroon. Jy is geroep om groter dinge te doen. Jy moet nou jou lig laat skyn om die donkerte te verdryf. Wat doen jy om die donkerte te verlig en die euwel te onttroon?
“die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.”
MATTHÉÜS 4:16 AFR53
“So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.”
JOHANNES 9:5 AFR53
“Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”
MATTHÉÜS 5:14-16 AFR53
“Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. Maar as iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie in hom is nie.”
JOHANNES 11:9-10 AFR53