KOMMUNIKASIE
- 6 minutes read - 1096 wordsGod het direk met Abraham gepraat, aan hom verskyn en deur visioene en drome met hom kommunikeer. Abraham was gehoorsaam aan God en het ook God se naam aangeroep (gebid).
Abraham het God se stem gehoor.
“EN die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. Toe het Abram weggetrek soos die Here hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.”
GÉNESIS 12:1-4 AFR53
God het verskeie kere aan Abraham verskyn en Abraham het God se naam aangeroep.
“Daarop verskyn die Here aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar 'n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het. En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die Here 'n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.”
GÉNESIS 12:7-8 AFR53
“TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word. Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n menigte van nasies. En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.”
GÉNESIS 17:1-6 AFR53
“DAARNA het die Here aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe. En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.”
GÉNESIS 18:1-3 AFR53
“na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die Here aangeroep.”
GÉNESIS 13:4 AFR53
In Génesis 15 verskyn God in ‘n visioen aan Abraham. Abraham deel met God dat hy geen erfgenaam het nie. God neem Abraham na buite en wys vir hom dat sy nageslag so baie soos die sterre in die Hemel sal wees.
Later raak Abraham aan die slaap en God profeteer in ‘n droom die toekoms van die Israeliete, aan Abraham.
“NÁ hierdie dinge het die woord van die Here tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot. Toe vra Abram: Here Here, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
“Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees. Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.”
En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval. Daarop sê Hy vir Abram: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word vierhonderd jaar lank.”
GÉNESIS 15:1-3, 5-6, 12-13 AFR53
Abraham moes geduldig wees en baie jare wag vir Isak se geboorte. Selfs toe Abraham vir Isak moes offer, het sy geloof in God nie gewankel nie.
“NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys. Maar die Engel van die Here het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie. Toe roep die Engel van die Here vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.”
GÉNESIS 22:1-2, 11-12, 15-17 AFR53
God het aan Abraham verskyn en Hy het met hom gepraat deur visioene en drome. Abraham het geloof in God gehad, was gehoorsaam en het God aanbid. Daar was kommunikasie en ‘n verhouding tussen God en Abraham. Nadat Jesus gesterf en opgestaan het, is Heilige Gees uitgestort. As kinders van God kan ons openlik en gedurig kommunikeer met ons Hemelse Vader. Drome, visioene, bo-natuurlike ervarings, engele en om God se stem te hoor, is beskikbaar vir elke kind van God.
“Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.”
MATTHÉÜS 7:7-8 AFR53
“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.”
FILIPPENSE 4:6 AFR53