Koning Ussía
- 2 minutes read - 311 words2 Kronieke 26
Ussía was net 16 jaar oud toe hy koning oor Juda geword het. Ussía was koning vir 52 jaar lank. Die naam Ussía (Strong’s H5818) beteken “God is my krag”. Koning Ussía was baie suksesvol, want God was met hom.
“En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Amásia gedoen het.
En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy die Here gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.”
II KRONIEKE 26:4-5 AFR53
Hy het geveg teen die Filistyne, Arabiere en Meüniete en gewen. Die Ammoniete moes belasting betaal aan Ussía. Ussía het torings gebou en water putte gemaak vir sy baie vee. Hy het orals landerye en wingerde gehad. Koning Ussía het ‘n baie groot en sterk weermag gehad.
“Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, 'n uitvinding van 'n kunstenaar, wat op die torings en op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het. Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen die Here sy God; want hy het in die tempel van die Here gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.”
II KRONIEKE 26:15-16 AFR53
Toe die priesters die koning aanspreek oor sy oortreding het Ussía eers woedend en daarna melaats geword. Ussía het in afsondering gesterf en sy seun Jotam het koning geword. Ussía was voorspoedig totdat hoogmoed hom tot ‘n val gebring het. Hoogmoed het veroorsaak dat satan sy plek in die Hemel verloor het (Eségiël 28). Wees versigtig wanneer jy sukses behaal dat jy nie hoogmoedig word en van God vergeet nie.