KORES/CYRUS
- 6 minutes read - 1263 wordsKORES
Lees Esra 1:1-8, 3:7, 4:3-5, 5:13-17, 6:3,14 en Daniël 1:21, 6:28, 10:1.
Nebukadnésar, die koning van Babel (land van Sínear of land van die Chaldeërs), het Israel verslaan en die tempel verbrand. Die Chaldeërs het al die metaal en die voorwerpe in die tempel weggeneem na hulle land. Later het God aan Kores, die koning van Persië, die mag gegee om Babilon te verslaan. Jeremia het profeteer dat Israel vir 70 jaar lank verstrooi sal wees voordat dit weer herbou sou word - Jeremia 25:11-12, 29:10.
“EN in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die Here — sodat die woord van die Here deur die mond van Jeremia in vervulling sou gaan — die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê: So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die Here, die God van die hemel, aan my gegee, en Hý het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag die Here sy God met hom wees, en laat hom optrek!”
II KRONIEKE 36:22-23 AFR53
“wat van Kores sê: Hy is my herder, en hy sal alles volbring wat My behaag deurdat hy van Jerusalem sê: Dit moet gebou word, en die tempel moet gegrond word.”
JESAJA 44:28 AFR53
“SO sê die Here aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:”
JESAJA 45:1 AFR53
Kores was God se gesalfde en God het hom gestuur om die tweede tempel te laat bou. Kores was ‘n skaduwee van Jesus. Jesus was ook God se gesalfde en is deur God gestuur om die tempel te bou. Kores en Jesus het al twee God se wil gedoen. God het gesê dat Kores Sy herder is en Jesus was die goeie herder, wat Sy lewe afgelê het vir ons.
“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”
JOHANNES 10:11 AFR53
“Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.”
LUKAS 4:18-19 AFR53
“Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.”
I PETRUS 2:4-5 AFR53
Kores het fisiese nasies verslaan terwyl Jesus “owerhede, magte en wêreldheersers van die duisternis” verslaan het. Kores was net ‘n skaduwee van die Messias wat later sou kom. Jy is ‘n tempel van die Heilige Gees en God wil deur jou werk soos Hy deur Kores en Jesus gewerk het.
“Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.”
I KORINTHIËRS 3:16-17 AFR53
“Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”
I KORINTHIËRS 6:19-20 AFR53
CYRUS
Read Ezra 1:1-8, 3:7, 4:3-5, 5:13-17, 6:3,14 and Daniel 1:21, 6:28, 10:1.
Nebuchadnezzar, king of Babel (also called land of the Chaldeans or Shinar), invaded Israel en burnt down the temple. The Chaldeans took the metal and the objects in the temple to their country. Later God allowed Cyrus, the king of Persia, to invade Babylon.
Jeremiah prophesied that the Israelites will be displaced for 70 years - Jeremiah 25:11-12, 29:10.
2 Chronicles 36:22-23 MEV
In the first year of King Cyrus of Persia, that the word of the LORD spoken by the mouth of Jeremiah might be fulfilled, the LORD stirred up the spirit of King Cyrus of Persia, so that he sent a proclamation throughout all his kingdom and also declared in a written edict: [23] "Thus says King Cyrus of Persia: "The LORD God of heaven has given me all the kingdoms of the earth, and He has commanded me to build for Him a house at Jerusalem, which is in Judah. Whoever is among you of all His people, may the LORD his God be with him. Let him go up."
Isaiah 44:28 MEV
it is I who says of Cyrus, "He is My shepherd, and shall perform all My desire"; and he declares to Jerusalem, "You shall be built," and to the temple, "Your foundation shall be laid."
Isaiah 45:1 MEV
Thus says the LORD to Cyrus, His anointed, whose right hand I have held- to subdue nations before him and to loosen the loins of kings, to open doors before him so that the gates will not be shut:
Cyrus was God’s anointed and God used him to build the second temple. Cyrus was a shadow of Jesus. Jesus was also God’s anointed and He was send later to build God’s temple. Cyrus and Jesus did God’s will. Cyrus was also God’s shepherd and we know Jesus was the good shepherd that gave His life for us.
John 10:11 MEV
"I am the good shepherd. The good shepherd lays down His life for the sheep.
Luke 4:18-19 MEV
"The Spirit of the Lord is upon Me, because He has anointed Me to preach the gospel to the poor; He has sent Me to heal the broken-hearted, to preach deliverance to the captives and recovery of sight to the blind, to set at liberty those who are oppressed; [19] to preach the acceptable year of the Lord."
1 Peter 2:4-5 MEV
Coming to Him as to a living stone who is rejected by men, but chosen by God and precious, [5] you also, as living stones, are being built up into a spiritual house as a holy priesthood to offer up spiritual sacrifices that are acceptable to God through Jesus Christ.
Cyrus conquered physical nations while Jesus conquered dark spiritual powers and authorities. Cyrus was only a shadow of the Messiah that would come many years later. You are a temple of the Holy Spirit and God wants to work through you like He worked through Cyrus and Jesus.
1 Corinthians 3:16-17 MEV
Do you not know that you are the temple of God, and that the Spirit of God dwells in you? [17] If anyone defiles the temple of God, God will destroy him. For the temple of God is holy. And you are His temple.
1 Corinthians 6:19-20 MEV
What? Do you not know that your body is the temple of the Holy Spirit, who is in you, whom you have received from God, and that you are not your own? [20] You were bought with a price. Therefore glorify God in your body and in your spirit, which are God's.