LAAT JOU WOORDE MIN WEES
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 432 wordsOns leef in ‘n samelewing waar almal baie lief is om hulle opinies te deel. Mense hou van hulle eie stemme. Sekere Christene se opinies verskil hemelsbreed van die Bybel. Die Bybel is ons “manual”. Maak seker dit wat jy sê, hoor en glo is korrek.
Isak het Jakob met sy woorde geseën. Toe hy besef dat hy bedrieg is kon hy nie sy woorde terugneem nie - Génesis 27.
Ons is verantwoordelik vir elke woord wat ons spreek. Maak seker jy spreek lewe en nie dood nie.
“WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.”
PREDIKER 5:1-2 AFR53
“Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie. Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet, so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel sommer. Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits. Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is — so is gloeiende lippe en 'n slegte hart. Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar. Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom. 'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.”
SPREUKE 26:17-28 AFR53
“Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.”
SPREUKE 18:21 AFR53
“Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.”
MATTHÉÜS 12:36-37 AFR53
“SO dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.”
JAKOBUS 1:19 AFR53