LEIERSKAP
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 338 wordsPaulus het verstaan dat leiers slegs medewerkers van God is. ‘n Goeie leier wil die liggaam toerus om beter Christene te wees, sonder enige agendas van hul eie. ‘n Leier moenie manipulerend wees of probeer om Heilige Gees te wees nie. ‘n Goeie leier soek volgelinge vir God en nie vir hom/haar self nie. Paulus het in die voetspore van Jesus gevolg en eiebelang gekruisig. Die Goeie Herder (Jesus) het Sy lewe afgelê vir Sy skape.
“Want die Seun van God, Jesus Christus, wat deur ons onder julle verkondig is, deur my en Silvánus en Timótheüs, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom. Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het. Maar ek roep God as getuie aan oor my siel dat ek om julle te spaar nog nie na Korinthe gekom het nie — nie dat ons heers oor julle geloof nie, maar ons is medewerkers aan julle blydskap; want in die geloof staan julle vas.”
II KORINTHIËRS 1:19-24 AFR53
2 Corinthians 1:24 TPT
But I don’t want to imply that as leaders we coerce you or somehow want to rule over your faith. Instead, we are your partners who are called to increase your joy. And we know that you already stand firm because of your strong faith.
“Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het.”
I JOHANNES 2:6 AFR53
1 John 2:5-6 TPT
….We can be sure that we’ve truly come to live in intimacy with God, 6 not just by saying, “I am intimate with God,” but by walking in the footsteps of Jesus.
“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.”
JOHANNES 10:11 AFR53