LEWENSVERWAGTING
- 3 minutes read - 614 words“Toe sê die Here: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd-en-twintig jaar.”
GÉNESIS 6:3 AFR53
Baie mense dink die vers beteken dat mense nie ouer as 120 sal word nie.
Vir baie generasies het mense baie ouer as 120 geword.
Adam was 930, Set was 912, Enos was 905, Kenan was 910, Mahalálel was 895, Jered was 962, Henog was 365, Metúsalag was 969, Lameg was 777 en Noag was 950 toe hulle gesterf het.
Na Noag het almal jonger gesterf, maar het steeds ouer as 120 geword. Sem was 600, Arpágsad was 438, Selag was 433, Heber was 464, Peleg was 239, Rehu was 239, Serug was 230, Nahor was 148, Tera was 205, Abraham was 175, Isak was 180, Jakob was ouer as 147 (Génesis 47:28) en Josef was 110 (Génesis 50:22,26) toe hulle gesterf het.
Josef was 13 generasies na Noag en hy was die eerste een wat jonger as 120 gesterf het. Moses was 120 jaar (Deuteronómium 34:7) en Josua was 110 (Josua 24:29) toe hulle gesterf het. As ons na Josef, Moses en Josua kyk is dit duidelik dat mense nie ouer as 120 geword het nie. Ons weet profesie neem tyd en dit kan ‘n moontlike verduideliking wees vir die vers.
The Passion Translation sê dit kon dalk ‘n profesie wees wat 120 jaar voor die vloed gegee is om mense te waarsku dat hulle sal sterf as hulle nie tot bekering kom nie.
TPT voetnota vir vers 3: Or ‘“they will only live another one hundred and twenty years,”’ possibly a prophecy of when the flood was coming.
Die derde moontlikheid is dat die 120 verwys na 120 Jubeljare voordat die aarde tot ‘n einde kom. Elke 50 jaar was ‘n Jubeljaar.
50 x 120 = 6000 jaar.
Na 6000 (6de dag) jaar sal die aarde vernietig word en ons sal vir ‘n 1000 jaar (7de dag) regeer saam met Jesus.
Miskien verwys daardie vers na elkeen van bogenoemde moontlikhede en nog meer.
Volgens Google is die gemiddelde lewensverwagting van ‘n Suid-Afrikaner slegs 62,34 jaar. Die Bybel sê dit is ‘n seëning om ‘n lang lewe te hê, maar Jesus het gesterf toe Hy net 33 jaar oud was. Jesus het Sy hele boek voltooi en kon daarom jonk sterf. Ek glo ons moet ‘n goeie lewe ervaar en gesond wees om ons lewensboek te voltooi en dit is belangriker as die ouderdom wat ons bereik. Jou verhouding met Jesus is baie belangriker as jou ouderdom. Maak seker dat jou ewige bestemming by Jesus sal wees.
“U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.”
PSALMS 139:16 AFR53
“Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.”
FILIPPENSE 2:6-8 AFR53
“Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van 'n arend.”
PSALMS 103:2-5 AFR53
“Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.”
PSALMS 91:16 AFR53