LIGGAAM, SIEL EN GEES
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 370 words“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.”
GÉNESIS 1:26-27 AFR53
“En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.”
GÉNESIS 2:7 AFR53
Die mens bestaan uit ‘n siel, liggaam en gees. Adam se liggaam is uit die stof van die aarde gemaak en God het Sy Gees in hom geblaas. Die mens het ‘n lewende siel geword. God se Gees het die ewige lewe aan Adam gegee. In 1 proses het Adam God se Gees, die ewige lewe en fisiese lewenskrag ontvang.
Die mens was naak voor God en kon saam met God in die tuin wandel en met Hom kommunikeer. Sonde het hulle bewus gemaak van hul naakheid en hulle het weggekruip. Sonde bring altyd afstand tussen God en die mens.
“En hulle het die stem van die Here God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die Here God tussen die bome van die tuin.”
GÉNESIS 3:8 AFR53
Toe Adam en Eva deur die slang verlei is het hulle sielsdimensie die geestesdimensie oorheers. Hulle het bewus geword dat hulle teen God se wil kan handel en sonde doen. Eden was ‘n skaduwee van die Hemel en God laat nie sonde daar toe nie. Satan moes val toe hy sonde doen in die Hemel en die mens moes die tuin verlaat. Die liggaam, siel en gees moet sonder sonde wees.
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!”
I THESSALONICENSE 5:23 AFR53