LIG VAN DIE LEWE
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 530 wordsEk het onlangs in ‘n artikel gelees dat wetenskaplikes moontlik tande kan laat teruggroei deur lig te gebruik. Die nuutste velprodukte belowe ook ‘n “glow”. Tot die wêreld besef dat lig nodig is om dinge beter te maak.
Wanneer God op die toneel verskyn bring Hy lig en daar is ‘n duidelike skeiding tussen lig en duisternis. Die heerlikheid is Sy lig wat hoop, verandering, genesing en verlossing bring.
“IN die begin het God die hemel en die aarde geskape. En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters. En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis; en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.”
GÉNESIS 1:1-5 AFR53
“……. en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?”
II KORINTHIËRS 6:14 AFR53
Jesus het lig, hoop, verlossing en genesing gebring. Nou is dit ons beurt dat Heilige Gees deur ons werk om die donker wêreld te verlig. Wanneer ons duisternis ervaar moet ons dit met die Lig beveg. Jy het Jesus se lig; laat dit skyn in die donkerte. Die Vader word verheerlik wanneer ons lig helder skyn.
“EN Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.”
JOHANNES 8:12 AFR53
“Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.”
JOHANNES 9:4-5 AFR53
“Die dissipels sê vir Hom: Rabbi, die Jode het onlangs probeer om U te stenig, en gaan U weer daarnatoe? Jesus antwoord: Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag wandel, stamp hy hom nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. Maar as iemand in die nag wandel, stamp hy hom, omdat die lig nie in hom is nie. Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak.”
JOHANNES 11:8-11 AFR53
“STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.”
JESAJA 60:1-2 AFR53
“Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.”
MATTHÉÜS 5:14-16 AFR53