Maak die vyand ‘n voetbank
Janine Forsyth
- 3 minutes read - 595 words“VAN Dawid. 'n Psalm. Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
U magtige septer sal die Here uitstrek uit Sion en sê: Heers te midde van u vyande.”
PSALMS 110:1-2 AFR53
Die Nuwe Testament verwys dikwels na verse in die Ou Testament. Ons vind baie verwysings na Psalms 110:1. Die Fariseërs het gesê dat Jesus die seun van Dawid was. Dawid het egter geweet dat die Messias die Seun van God is. Jesus is uit die bloedlyn van Dawid gebore, maar God is Sy Vader.
Josua het aan sy weermagleiers opdrag gegee om hulle voete te plaas op die nekke van hul vyande - Josua 10:24-25. Dit was ‘n fisiese teken dat God die Israeliete beskerm teen hulle vyande. In die Ou Testament was dit ‘n fisiese proses om die vyand onder God se voete te plaas. In die Nuwe Testament is dit ‘n geestelike proses. Jesus het gekom om die vyand ‘n voetbank te maak vir die Vader. Jesus het die vyand geheel en al oorwin en Sy outoriteit aan ons oorhandig. Ons moet Jesus se werk voortsit op aarde en die vyand onder God se voete plaas.
“Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete? As Dawid Hom dan Here noem, hoe is Hy sy seun?”
MATTHÉÜS 22:44-45 AFR53
“EN terwyl Jesus in die tempel leer, antwoord Hy en sê: Hoe sê die skrifgeleerdes dat die Christus die seun van Dawid is? Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.”
MARKUS 12:35-37 AFR53
“TOE sê Hy vir hulle: Hoe is dit dat hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is? En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. Dawid noem Hom dan Here, en hoe is Hy sy seun?”
LUKAS 20:41-44 AFR53
“Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.”
HANDELINGE 2:34-35 AFR53
“En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?”
HEBREËRS 1:13 AFR53
“En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.”
ROMEINE 16:20 AFR53
“Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.”
PSALMS 91:13 AFR53
“EN Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees. En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak”
LUKAS 9:1-2 AFR53
“Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”
LUKAS 10:19 AFR53
“Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het.”
I KORINTHIËRS 15:25 AFR53