Maak intimiteit met jou “Eerste Liefde” jou prioriteit.
- 2 minutes read - 393 words“WEE hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die Here nie.
Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.
Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die Here sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.”
JESAJA 31:1-3 AFR53
Jesaja moes die mense teregwys. Hulle vertroue was in die hulp wat hulle van die Egiptenare kon kry. Die Egiptenare het op die oog af baie perde, ruiters en waens gehad. Die Egiptenare was steeds mense en nie God nie.
Dikwels vertrou ons op die dinge wat ons kan sien. Ons identiteit is in Jesus en nie in sigbare dinge nie. Jou werk, jou familie of vriende, jou besittings of jou bankbalans is nie God nie. God gee vir ons die vermoë om rykdom te verkry - Deuteronómium 8:18. Jy wil egter nie eers alles verloor voordat jy leer om Jesus eerste te plaas nie. Ek glo ons word geseën met rykdom omdat God ons liefhet en om ander te help - 1 Timótheüs 6:9-11. Die kerk van Efése het baie reg gedoen, maar hulle het hulle eerste liefde verlaat - Openbaring 2:2-4. Ek glo baie mense gaan nou besig raak met die dinge wat God hulle geroep het om te doen. Ons moet seker maak dat ons nie ons “Eerste Liefde” verlaat soos ons besig of sukesevol raak nie. Intimiteit met Jesus is wat jou suksesvol maak op aarde en niks anders nie.
“Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak.”
SPREUKE 3:5-6 AFR53
Proverbs 3:6 AMPC
In all your ways know, recognize, and acknowledge Him, and He will direct and make straight and plain your paths.
Proverbs 3:6 TPT
Become intimate with him in whatever you do, and he will lead you wherever you go.