Maak jou skuilplek by Jesus
- 2 minutes read - 262 wordsDie Israeliete in Gosen het God se beskerming gehad tydens die 10 plae. Die Egiptenare was sonder beskerming - Exodus 7-11.
Psalms 91 verseker ons dat wanneer ons by God skuil sal Hy ons beskerm. Mense sal jou teleurstel, maar God sal jou veilig hou.
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.”
“Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.
Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.”
PSALMS 91:1,4, 9 AFR53
“Die Here is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen? Die Here is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat. Dit is beter om by die Here te skuil as om op mense te vertrou. Dit is beter om by die Here te skuil as om op edeles te vertrou.”
PSALMS 118:6-9 AFR53
Intimiteit met Jesus is jou beskerming en jou voorsiening.
“Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.”
JESAJA 26:20 AFR53
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”
“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”
MATTHÉÜS 6:6,33 AFR53