Man en vrou
- 2 minutes read - 406 words“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.”
GÉNESIS 1:27-28, 31 AFR53
Van die begin af het God man en vrou geskape om saam te bid en saam oor die aarde te regeer. God het saam met Adam en Eva gewandel in die tuin. Adam en Eva was as man en vrou die eerste 2 mense wat saam kon stem en God enige iets kon vra. Hulle 2 het egter besluit om al 2 na die stem van die vyand te luister en sonde te doen. In plaas daarvan om te heers oor die slang is hulle mislei deur die slang.
“Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hý sal oor jou heers.”
GÉNESIS 3:16 AFR53
Na hul ongehoorsaam was is die vloek dat die man oor die vrou heers. God se plan was dat hulle saam heers. Jesus het die vloek geword sodat man en vrou weer saam kon heers. Daar is nie ‘n beter en sterker kombinasie as ‘n man en vrou wat saam bid nie. Daarom is daar ook so ‘n sterk aanval van die vyand op die tradisionele goddelike huwelik. Lees saam God se Woord en gesels daaroor. God het man en vrou gemaak om saam te bid en om te heers en regeer oor die aarde.
“Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.”
MATTHÉÜS 18:18-20 AFR53