MEER AS WAT DIE OOG KAN SIEN
- 3 minutes read - 623 words“Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.”
GALÁSIËRS 3:28 AFR53
In die Oos-Kaap is daar ‘n ernstige watertekort, want hulle verloor 30% van hulle water. Ek onthou toe ons ‘n ernstige water tekort hier in die Kaap gehad het en hoe dieselfde pyp oor en oor gelek het en ons straat gereeld onder water was. Dit het dus met meer te doen as die regerende party in jou area. Nou ondervind ons weer landwyd ernstige elektrisiteits probleme. Dan was daar “Fees must fall” betogings by baie universiteite.
Moenie vergeet van die KZN chaos nie. Groot hoeveelhede mense bly op straat, aangesien hulle hul werk verloor het oor die laaste paar jaar. Mense stry of ons mense op straat moet help of nie. Dan is daar die hele geslagsverwarring kwessie. Die grootste kwessie is hoe die Bybel verdraai word om by mense se agendas te pas. Brandstofpryse, kospryse en rentekoerse styg en almal moet teruggaan kantoor toe. Ons hoor van tekorte aan sekere kossoorte. Dis duidelik dat die vyand baie besig is.
Al hierdie kwessies veroorsaak verdeeldheid. Soms is dit tussen verskillende rasse, soms is dit tussen ryk en arm en soms is dit tussen verskillende geslagte. Die grootste verdeeldheid tussen mense was die laaste 2 jaar…. Ek ken baie min mense wat dieselfde opinie as ek het oor al die verskillende kwessies. Daar is ‘n oorsese joernalis wat reken dat daar organisasies wêreldwyd is wat verantwoordelik is vir die chaos en betogings in jou omgewing. Die doel is om verdeeldheid te veroorsaak.
Die laaste 2 jaar het ons gesien hoe die regering, hoofstroom media en baie medici saamgewerk het om ‘n leuen te verkoop. Solank as wat almal
saamgewerk het was hulle effektief. In Génesis 11:1-9 lees ons van ‘n soortgelyke situasie. Die mense het almal dieselfde taal gepraat, maar dit was meer as net dit. Hulle het dieselfde euwel planne gehad. Selfs hulle woorde was dieselfde want hulle het dieselfde bron (satan) gehad. Lyk dit bekend?
“EN die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde.”
GÉNESIS 11:1 AFR53
“AND THE whole earth was of one language and of one accent and mode of expression.”
Genesis 11:1 AMPC
God het ingegryp en die bou van die toring van Babel gestop en die mense is versprei reg oor die wêreld. Vandag het ek en jy outoriteit om die situasie te verander. Ons het gesien dat wanneer iemand ‘n verskillende opinie gehad het is hulle geblok of gebrandmerk as iemand wat vals nuus versprei. Daar is mense wat nie wil hê dat jy vir jouself moet dink nie. God het elke mens geskape om deur die Heilige Gees gelei te word om goeie besluite te neem.
“En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.”
JAKOBUS 1:5 AFR53
Die Bybel sê ons is almal een in God. God se heerlikheid en die Derde Groot Ontwaking is hier. Ons weet dat dit noodsaaklik is om saam te werk. Moenie dat die vyand nou verdeeldheid veroorsaak tussen ons nie.
“EN toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar.”
HANDELINGE 2:1 AFR53
God se heerlikheid sal duidelik sigbaar word onder diegene wat eengesind is. Moenie dat die vyand jou nou mislei nie. Die Derde Groot Ontwaking is hier. Te midde van die mees sekulêre regering wat die VSA al ooit gehad het is aborsies stopgesit. Die vyand probeer wen, maar Koning Jesus het reeds gewen. Maak seker jy bly deel van die wenspan.