MOENIE KLA NIE/DON’T COMPLAIN
- 4 minutes read - 771 wordsMOENIE KLA NIE
Lees Númeri 11.
Die Israeliete het gekla oor die manier wat God vir hulle voorsien het. God het hulle bevry van slawerny uit Egipte. Hy het dag en nag saam met hulle getrek. God het vir hulle manna voorsien om te eet en water om te drink. Die Israeliete het die belofte gehad van ‘n land wat oorloop van melk en heuning, maar hulle het verkies om te kla. Hulle was vasgevang in herinneringe van die verlede in plaas daarvan om hoopvol te wees op ‘n wonderlike toekoms.
“EN die volk het hulle voor die ore van die Here beklaag dat dit sleg gaan. En toe die Here dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die Here het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
EN die gemengde bevolking wat onder hulle was, is met lus bevang. Toe het die kinders van Israel ook weer geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? Ons dink aan die visse wat ons in Egipte verniet kon eet, aan die komkommers en die waterlemoene en die prei en die uie en die knoffel. Maar nou is ons siel dor; daar's glad niks nie: net die manna is voor ons oë. Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die Here het grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses.”
NÚMERI 11:1, 4-6, 10 AFR53
Die Israeliete se gekla het veroorsaak dat God se belofte eers in die volgende generasie vervul is. Jou gekla kan keer dat God se beloftes vervul word en jy kan dalk veroordeel word. Die geloofshelde was geduldig en het hoopvol gebly. Wees dankbaar vir die goeie dinge in jou verlede, maar wees hoopvol vir selfs ‘n beter toekoms.
“Moenie teen mekaar sug nie, broeders, sodat julle nie veroordeel word nie. Kyk, die Regter staan voor die deur. Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het. Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.”
JAKOBUS 5:9-11 AFR53
DON’T COMPLAIN
Read Numbers 11.
The Israelites complained about the way God provided for them. God rescued them from slavery in Egypt. He was with them day and night. He provided manna to eat and water to drink. God gave them the promise of a wonderful country with milk and honey, but they chose to complain. Instead of focusing on the future promise they were longing for the blessing of the past season.
Numbers 11:1,4-6,10 MEV
Now when the people complained openly before the LORD, the LORD heard, and His anger burned. Then the fire of the LORD burned among them and consumed the outskirts of the camp. [4] The mixed multitude that was among them lusted, and the children of Israel wept again and said, "Who will give us meat to eat? [5] We remember the fish, which we ate in Egypt for free, the cucumbers, and the melons, and the leeks, and the onions, and the garlic. [6] But now our life is dried up. There is nothing at all except this manna before our eyes." [10] Then Moses heard the people weep throughout their families, every man in the opening of his tent, and the anger of the LORD burned greatly. Moses was also displeased.
The complaining people missed their promise and only the next generation entered the Promised Land. Your complaining might keep your promises back and you might be judged for it. The heroes of faith were patient and remained hopeful. We must always be thankful for the good things of a past season, but we must remain hopeful for an even better future.
James 5:9-11 TPT
Since each of you are part of God’s family never complain or grumble about each other so that judgment will not come on you, for the true Judge is near and very ready to appear! [10] My brothers and sisters, take the prophets as your mentors. They have prophesied in the name of the Lord and it brought them great sufferings, yet they patiently endured. [11] We honor them as our heroes because they remained faithful even while enduring great sufferings. And you have heard of all that Job went through and we can now see that the Lord ultimately treated him with wonderful kindness, revealing how tenderhearted he really is!