MOENIE MISLEI WORD NIE
- 4 minutes read - 673 wordsIn die tyd van Noag is slegs 8 mense gered van die vloed - Génesis 6,7. Die AFR53 vertaling sê “die aarde was verdorwe …. en vol geweld”. “…alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.” Noag was regverdig en daarom kon hy, sy vrou, 3 seuns en hulle vroue in die ark ingaan. “The Amplified Classic” Bybel gee ‘n meer volledige beskrywing van die situasie.
“These are the generations of Noah: Noah was a just man and perfect in his generations, and Noah walked with God.”
Genesis 6:9 KJV
“The earth was depraved and putrid in God's sight, and the land was filled with violence (desecration, infringement, outrage, assault, and lust for power). And God looked upon the world and saw how degenerate, debased, and vicious it was, for all humanity had corrupted their way upon the earth and lost their true direction.”
Genesis 6:11-12 AMPC
“AND THE Lord said to Noah, Come with all your household into the ark, for I have seen you to be righteous (upright and in right standing) before Me in this generation. [Ps. 27:5; 33:18, 19; II Pet. 2:9.]”
Genesis 7:1 AMPC
Dit moes ‘n baie klein persentasie van die populasie gewees het wat die vloed oorleef het. In die Nuwe Testament vertel Jesus die gelykenis van 10 maagde met lampe - Matthéüs 25:1-13. Slegs 5 van die maagde was gereed en kon saam met die Bruidegom fees vier. Soos ek dit verstaan het 10 mense gedink hulle is Christene en gaan gered word. Slegs die helfte van die mense wat gedink het hulle leef ‘n sondelose lewe het Jesus geken en was gereed vir Sy terugkeer. Die ander helfte kon nie saam met Jesus gaan nie. Die helfte van die mense was mislei of onder ‘n wanindruk. ‘n Tekort aan olie en die feit dat Jesus hulle nie geken het nie het die helfte van die mense diskwalifiseer. Olie simboliseer die teenwoordigheid van God en daarom moes die lamp altyd brand in die tempel - Levítikus 24:2. Later het Jesus gekom as die Lig van die wêreld wat binne Christene woon - Johannes 8:12. Matthéüs 24:40-41 sê ook daar sal 2 mense wees en 1 sal weggeraap word en die ander nie. In hierdie gedeelte weet ons egter nie hoe die persone wat agtergebly gelewe het nie.
My gevolgtrekking is dat diegene wat nie gered is of word nie, was mislei. Wanneer die dissipels vir Jesus vra wanneer die eindtyd is, waarsku Hy hulle herhaaldelik om nie mislei te word nie - Matthéüs 24, Markus 13 en Lukas 21. Jesus het die dissipels ook gewaarsku teen vals profete.
“But take heed to yourselves and be on your guard, lest your hearts be overburdened and depressed (weighed down) with the giddiness and headache and nausea of self-indulgence, drunkenness, and worldly worries and cares pertaining to [the business of] this life, and [lest] that day come upon you suddenly like a trap or a noose;”
Luke 21:34 AMPC
Ek glo die vyand plaas ons aandag op wêreldse bekommernisse of hou ons so besig dat ons nie genoeg tyd met God spandeer nie. Mense lees en bestudeer nie God se Woord nie. In Hosea 4:6 lees ons dat God se mense ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan kennis. Wanneer jy God se Woord ken sal jy nie so maklik mislei word nie. Elke keer as ek iets hoor wat iemand vertel dan gaan soek ek dit in my Bybel. Ek wil seker maak ek word nie mislei nie. Jesus het ook gesê Sy skape ken Sy stem - Johannes 10:27-30. Hoe meer ek my Bybel begin lees het hoe meer het ek God se stem begin hoor. Hy praat vandag steeds. Dikwels kommunikeer Hy deur drome en visioene, soms weet ek net iets, ander kere kom ‘n gedagte of sinsnede net skielik op, soms is daar ‘n gevoel van ongemak, en soms praat God deur nommers of alledaagse situasies. Leer Jesus ken en luister vir Sy stem dan sal jy nie maklik mislei word nie.