MOENIE NOU MOEG RAAK NIE
- 2 minutes read - 292 wordsSefánja 3
Sefánja 3 handel oor Jerusalem wat veroordeel word vir al haar sondige dade, maar daar sal ‘n groep mense wees wat nie veroordeel word nie. Daar is ‘n woord van bemoediging vir die wat sondevry bly.
“In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!”
SEFÁNJA 3:16 AFR53 (Hebreërs 12:12, Jesaja 35:3)
“In that day it shall be said to Jerusalem, Fear not, O Zion. Let not your hands sink down or be slow and listless.”
Zephaniah 3:16 AMPC
Die AMPC (Amplified Classic ) vertaling sê nog meer. Hou jou hande besig met God se werk. Moenie nou moedeloos raak of traag raak om God se dinge te doen nie. Dit was ‘n moeilike 2 jaar, maar moenie nou jou energie of entoesiasme verloor nie. In die middel van die chaos is God steeds met ons.
“Die Here jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle. Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot 'n lof en tot 'n roem wie se skande oor die hele aarde was. In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot 'n roem en tot 'n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die Here.”
SEFÁNJA 3:17-20 AFR53