Moet Christene Israel ondersteun?
- 3 minutes read - 605 wordsLees Rut 1-4 en Romeine 11.
Daar was ‘n hongersnood in Israel. Eliméleg, sy vrou Naómi en hulle 2 seuns het uit Bethlehem na Maob getrek. Die 2 seuns het met Moabitiese vroue (Rut en Orpa) getrou. Die Moabiete was die nageslag van Lot by sy oudste dogter - Génesis 19: 36-37. Na die dood van Eliméleg en die 2 seuns wou Naómi terugkeer na Israel. Rut het besluit om saam te gaan terwyl Orpa in Moab by haar familie en hul afgode agtergebly het.
“Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.”
RUT 1:16 AFR53
Later ontmoet Rut haar bruidegom Boas en sy word behoorlik deel van Naómi se familie.
Rut - Strong’s H7327 - vriendskap, verfris (soos met water), kameraad, metgesel - Rut was ‘n skaduwee van die heidinne.
Naómi - Strong’s H5281 - my vreugde- Naómi was ‘n skaduwee van die Jode; God se vreugde.
Boas - Strong’s H 1162 - in hom is krag - Boas was ‘n skaduwee van ons “Losser” (Jesaja 41:14, 43:14) of Redder, Koning Jesus.
Ons is ingeënt op die ware olyfboom en God sal weer die afgebreekte takke (Jode) inent.
“Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.”
ROMEINE 11:23 AFR53
In die Nuwe Testament sien ons hoe die heidinne hulle bruidegom Jesus ontmoet. Elke nie - Jood wat Jesus ontmoet is ‘n tipe Rut. Rut se naam verskyn in Jesus se geslagregister - Matthéüs 1:5. Ons moet vriende wees met die Jode en hulle bystaan. Ons Bruidegom is ‘n Jood en ons is nou een groot familie.
Ephesians 2:14 TPT
Our reconciling “Peace” is Jesus! He has made Jew and non-Jew one in Christ. By dying as our sacrifice, he has broken down every wall of prejudice that separated us and has now made us equal through our union with Christ.
“DAAROM, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.”
EFÉSIËRS 2:11-22 AFR53