MORÍA
- 2 minutes read - 345 wordsMoría: Strong’s H4179 - H3050 (Yah - God)+ H7200 (gesien) - Gesien of gekies deur God.
Daar is net 2 verwysings na Moría in die Bybel. Moría is die berg waar Abraham vir Isak moes offer. Moría is ook die plek waar Salomo die eerste tempel opgerig het. Moría is dus die berg waar God voorsien en by Sy mense woon.
“NÁ hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moría en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.”
GÉNESIS 22:1-2 AFR53
“EN Salomo het die huis van die Here begin bou in Jerusalem op die berg Moría waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.”
II KRONIEKE 3:1 AFR53
In 2 Samuel 24 (en 1 Kronieke 21) lees ons dat Dawid besluit het om die Israeliete te laat tel. Dawid was ongehoorsaam en het sy vertroue in die aantal Israeliete geplaas i.p.v. God. Die straf was ‘n plaag wat 3 dae lank 70 000 Israeliete uitgeroei het. Toe Jerusalem verwoes moes word was die engel by die dorsvloer van Arauna (H728 -sterk) /Ornan (H771 - sterk) . Dawid het vergifnis gevra en ‘n altaar opgerig met brandoffers en dankoffers by die dorsvloer van Arauna. Dawid moes sien dat sy krag (sterkte) in God is en nie in die getal Israeliete nie.
Dit word algemeen aanvaar dat Moría ook Sion (H6726 - “citadel” - ‘n skuiling dikwels op ‘n berg) genoem word. Moría en Sion is dus die plek op aarde waar die mense by God kon skuil. Jesus het dikwels alleen op ‘n berg met God gepraat. Elke Christen is ‘n tempel en ons kan steeds skuiling by God vind.
“HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.”
PSALMS 91:1 AFR53