MOSES
Janine Forsyth
- 6 minutes read - 1086 wordsLees Handelinge 7.
Moses: Môsheh - Strong’s H 4872 , G3475 - uit die water gehaal, gered.
Die naam Moses verskyn 80 keer in die KJV Bybel.
Stéphanus was 1 van die 7 manne wat aangestel was om na die weduwees om te sien. Hy was vol van die Heilige Gees en het o.a. getuig hoe God vir Moses gebruik het. Moses is gebore in ‘n tyd toe die Israeliete vir 400 jaar in Egipte gebly het. Jakob, Josef en die farao het reeds gesterf en die nuwe farao het die Israeliete as slawe gebruik. Israeliese baba seuns is vermoor, want die farao het gevrees dat die Israeliete te veel en te sterk sou word. Moses se ma het hom vir 3 maande lank weggesteek. Moses was ‘n mooi seun en gebore uit die stam van Levi.
Levi - Kehat - Amran (en Jogébed) - Moses en Aäron - Exodus 6:15-19.
“In dié tyd is Moses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;”
HANDELINGE 7:20 AFR53
Farao se dogter het Moses in ‘n mandjie in die water gevind. Sy het hom huistoe geneem en daar versorg.
“en toe hy weggegooi is, het Farao se dogter hom opgeneem en hom as haar seun grootgemaak. En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.”
HANDELINGE 7:21-22 AFR53
Moses het as ‘n Egiptenaar geleef en het dieselfde onderrig as die farao se kinders en kleinkinders ontvang. Volgens Stéfanus het Moses nie ‘n probleem gehad om te praat nie.
“En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.”
HANDELINGE 7:22 AFR53
“En nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy hart opgekom om sy broers, die kinders van Israel, te besoek;”
HANDELINGE 7:23 AFR53
Toe Moses 40 jaar oud was het hy sy familie besoek. Hy het ‘n Egiptenaar doodgeslaan om sy mense te beskerm. Moses het geweet dat God hom as redder na Israel gestuur het, maar sy broers het dit nie geweet nie.
“En hy het gedink dat sy broers sou verstaan dat God hulle deur sy hand redding sou gee; maar hulle het dit nie verstaan nie.”
HANDELINGE 7:25 AFR53
Moses het na Mídian gevlug. Hy het getrou met Sippóra, die dogter van ‘n priester - Exodus 2:21. Hulle het 2 seuns gehad.
“En toe sy 'n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het 'n vreemdeling in 'n vreemde land geword.”
EXODUS 2:22 AFR53
“En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos. En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom: Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob. En Moses het begin bewe en nie gewaag om dit te bekyk nie. Toe sê die Here vir hom: Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond. Ek het duidelik gesien die mishandeling van my volk wat in Egipte is, en hulle gesug gehoor en neergedaal om hulle te verlos. En nou, kom hier, Ek wil jou na Egipte stuur.”
HANDELINGE 7:30-34 AFR53
Nog 40 jaar het verloop en Moses was reeds 80 jaar oud voordat hy die redder van Israel sou word. Sy familie wou hom nooit regtig aanvaar as leier nie. Hulle het ook ‘n probleem gehad dat sy vrou ‘n Midianiet was. God het hom uitgekies selfs al het hy gedink dat hy nie kon praat nie. Jou familie, vriende en jyself mag dalk dink jy is nie reg vir jou roeping nie. Wees geduldig want God weet waarom Hy jou geskep het.
“Hierdie Moses wat hulle verloën het deur te sê: Wie het jou aangestel as 'n owerste en regter? — hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos.”
HANDELINGE 7:35 AFR53
“DIE dag toe die Here met Moses gespreek het in Egipteland, het die Here Moses aangespreek met die woorde: Ek is die Here. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek. Toe sê Moses voor die aangesig van die Here: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?”
EXODUS 6:27-29 AFR53
Moses moes al die stemme om hom stilmaak en net na God se stem luister.
“Dan spreek die Here met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.”
EXODUS 33:11 AFR53
“Toe sê hy vir Hom: As U nie self meegaan nie, laat ons dan nie hiervandaan optrek nie.”
EXODUS 33:15 AFR53
“Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.”
PSALMS 103:7 AFR53
Na 40 jaar in die woestyn was Moses frustreerd met die murmerende Israeliete en het hy die rots geskop i.p.v. om met die rots te praat. Jesus was die rots wat die water verskaf het. Ons moenie sonde doen wanneer ander mense ons frustreer nie.
“en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.”
I KORINTHIËRS 10:4 AFR53
Gevolglik kon Moses ook nie die Beloofde land ingaan nie. Moses was 120 en nog vol krag, maar hy het gesterf op die berg Nebo.
“En Moses was honderd-en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.”
DEUTERONÓMIUM 34:7 AFR53
Moses was ‘n skaduwee van ons Redder, Jesus. Regeerders wou Moses en Jesus doodmaak as babas. Hulle familie en vriende het ‘n probleem gehad met hul roepings. God het Moses gebruik om Israel in die Ou Testament te red en Jesus het hulle in die Nuwe Testament gered.
Jesus het nooit frustreerd geraak en gesondig nie. Hy was tot Sy dood gehoorsaam aan God.
Moenie dat ander mense, jou ouderdom of jou agtergrond jou diskwalifiseer nie. Die belangrikste les is dat ons na God moet luister en nie na mense nie.