MOSES KON PRAAT
- 3 minutes read - 557 wordsOnderskat jy jouself soms? Dan sal jy verstaan hoe Moses gevoel het.
Stéfanus het die volgende oor Moses gesê:
“En Moses is opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en was magtig in woorde en dade.”
HANDELINGE 7:22 AFR53
“So Moses was educated in all the wisdom and culture of the Egyptians, and he was mighty (powerful) in his speech and deeds.”
Acts 7:22 AMPC
“So Moses was fully trained in the royal courts and educated in the highest wisdom Egypt had to offer, until he arose as a powerful prince and an eloquent orator.”
Acts 7:22 TPT
Kyk wat sê Moses van homself:
“TOE antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die Here het nie aan jou verskyn nie? (God het vir Moses wondertekens gegee om te doen met sy staf.)
Toe sê Moses aan die Here: Ag, Here, ek is nie ’n man van woorde nie — van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. En die Here antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? Gaan dan nou heen, en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê. Maar hy sê: Ag, Here, stuur tog deur wie U wil stuur. Toe ontvlam die toorn van die Here teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hý goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart. Jy moet dan met hom spreek en die woorde in sy mond lê. En Ék sal met jou mond en sy mond wees en julle leer wat julle moet doen. En hy moet vir jou met die volk spreek, en dan sal hy vir jou ’n mond wees en jy vir hom ’n god wees.”
EXODUS 4:1, 10-16 AFR53
God het nooit gesê Moses kan nie praat nie. Dit was Moses se tekort aan selfvertroue en sy huiwering om homself bevoeg te sien vir sy taak. God was kwaad toe Hy toestemming gegee het dat Aäron vir Moses kon help. God het volle vertroue in Moses gehad. God het geweet Moses kon alles doen wat Hy vir Hom beplan het. God het Moses gemaak en geweet hy kon baie meer verrig as wat Moses gedink het.
“So is dit nie met my kneg Moses nie: in my hele huis is hy getrou. Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die Here. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?”
NÚMERI 12:7-8 AFR53
Staan jy dalk in God se pad om Sy wil in jou lewe te laat geskied? Dink jy dat jy onbevoeg is vir die groot taak? God het volle vertroue in jou. Vind jou skeppingsdoel. God staan reg om jou te help. Hy het jou gemaak en weet jy kan dit doen.
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”
FILIPPENSE 4:13 AFR53