‘n Dieper verhouding met Jesus
- One minute read - 156 wordsLukas 5:1-11
Jesus het die skare geleer terwyl Hy op Petrus se skip was. Hulle was net ‘n klein entjie vanaf die land. Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy gevra dat Petrus dieper gaan en die nette uitgooi. Al het hulle die hele nag niks vis gevang nie was Petrus gehoorsaam. Hierdie keer was die hele boot vol vis en hulle kon hul vriende nader roep om nog ‘n boot met vis op te vul. Petrus was oorkom deur God se goedheid en het voor Jesus neergeval. Johannes en Jakobus het dieselfde gedoen.
Dit is belangrik om raak te sien dat die skare en die 3 vissers almal jong Christene was. Almal is geroep om ‘n dieper verhouding met God te hê. Ons moet kies of ons deel van die skare wil bly? Of wil ons ‘n dieper, afgesonderde verhouding met Christus bou? Wonderwerke sal volg wanneer jy gehoorsaam is en dieper met God beweeg.