‘n Droom oor vuur
- 6 minutes read - 1254 wordsEk het ‘n droom gehad waar ‘n vriendin se kind by my kind kuier. Ek het bly hoop sy kom haal haar kind voor 12 uur, want ek wou winkel toegaan om sjokolade te koop.
Daarna sien ek 4 voorwerpe op my kombuistafel staan. Al 4 voorwerpe is aan die brand. Die voorwerp wat uitstaan is ‘n spuitkannetjie wat brand. Ek gryp handdoekpapier om die vlamme te stop. Dan sien ek dit brand binne die doppie van die spuitkannetjie ook. Ek haal die doppie af om die vuur te stop voor die blikkie ontplof.
Wanneer dit ‘n figuurlike droom soos hierdie is, kyk ek wat die simboliese betekenis van elke ding in die droom is. Die vriendin se naam het daaroo gedui dat sy op God vertrou en haar kind se naam was wêrelds en sondig. ‘n Winkel stel ‘n kerk, ‘n kommersiële of godsdienstige kerk of ‘n besigheid voor. Sjokolade kan “self-indulgence” (self toegeeflikheid), ‘n honger vir geld of plesier of ‘n honger vir God se Woord, voorstel. Twaalfuur het my laat dink aan die speletjie “Wolf, wolf hoe laat is dit?” *Twaaf stel dikwels God se regering voor. Soms moet jy dink wat jy voel in ‘n droom om te weet wat die simbole beteken. In hierdie geval dink ek dit was meer ‘n afsnypunt. Dit was ‘n geval van ons moet ‘n keuse maak tussen God en die wêreld se sonde. Kies ons ‘n intieme verhouding met God of speel ons kerk? Word ons gelei deur ‘n honger vir geld, plesier, selfsug of om God se wil te doen? Jy moet ‘n besluit moet neem voordat dit te laat is.
“Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.”
JOHANNES 9:4 AFR53
Ek was nie seker wat die ander **3 voorwerpe was nie, want die ***vierde voorwerp, die spuitkannetjie wat onder hoë druk was en kon ontplof, het my besig gehou. Metaal stel sonde, skynheiligheid of verfyning voor. Plastiek is simbolies van iets wat oppervlakkig en nie opreg is nie. Die vuur kan God, ‘n skoonmaak of verfyning, maar ook hel, die verderf of oordeel voorstel. ‘n Ontploffing kan ‘n skielike vernietiging of ‘n waarskuwing van dreigende gevaar wees. Ek kon dwarsdeur die plastiek deksel of doppie sien dat dit binne-in ook brand, wat my herinner dat ons, ons geestelike oë moet oop hou om te sien wat God ons wil wys. God kan vir ons dinge onder die oppervlakte wys. “The lids are coming off” dui daarop dat ons die ware feite van dinge gaan raaksien. Daar is dreigende gevaar wat ons moet stop. Christene gaan ‘n rol speel om die waarheid aan die wêreld te wys voor dinge te ver gaan. Dit is belangrik dat ons besig raak met God se dinge om ‘n beter toekoms vir ons kinders te skep. God se vuur kan ons skoonmaak, maar mense wat nie die pad met God wil stap nie gaan die gevolge daarvan dra.
* TWAALF 12 - God se regering
- Daar is 12 stamme in die Ou Testament.
- Daar is 12 dissipels in die Nuwe Testament. Na Judas Iskariot se dood het Matthías die twaalfde posisie ingeneem, wat beklemtoon dat daar 12 dissipels moes wees.
- 12 is die nommer van God se regering.
- Openbaring 21 praat van 12 poorte, 12 engele, 12 fondamente, 12 pêrels, die name van die 12 apostels en 12 edelgesteentes.
- Open 22:2 sê die boom van die lewe dra 12 maal vrugte.
- Daar is 12 ure in die dag en 12 in die nag.
- Jesus was 12 toe Hy na die tempel gegaan het.
- ‘n Vrou was 12 jaar lank siek voor Jesus haar genees het - Lukas 8:43.
- Jaïrus se dogter was 12 jaar oud - Lukas 8:42.
- Daar was 12 mandjies met brood en vis oor vir die dissipels - Lukas 9:17, Matt 14:20.
- Daar was 12 verspieders wat die beloofde land besoek het.
- Johannes het (2x12=) 24 oudelinge wat op 24 trone gesien sit, rondom God se troon. Openbaring 4:4
- 12 toonbrode in die tempel - Lev 24:5.
- Nehemía was 12 jaar lank goeweneur van Juda - Neh 5:14.
- 12 vorste is uit Abraham se seun, Ismael, gebore - Génesis 17:20.
- Daar was 12 waterfonteine by Elim - Exodus 15:27.
- Matthéüs 19:28 - Jesus se volgelinge sal op 12 trone sit en die 12 stamme van Israel oordeel.
** DRIE 3 - Opstanding en voltooid/volledig
- God die Vader, Seun en Heilige Gees - 1 Joh 5:7.
- Die tempel het uit 3 dele bestaan nl. buitenste vertrek, binneste vertrek en die Allerheiligste - 1 Konings 6.
- Ons mense bestaan uit 3 dele naamlik liggaam, siel en gees.
- Maria het 3 maande gekuier by Elisabet - Lukas 1:56.
- Jesus het 3 jaar lank gepreek.
- Jesus het op die derde dag opgestaan uit die graf.
- Drie kruise by Golgotha.
- Jona was 3 dae en 3 nagte in die vis - Jona 1:17.
- Israel moes 3 dagreise ver die woestyn ingaan om God te aanbid - Ex 3:18.
- Drie maande lank is baba Moses tuis versorg voor sy ma hom weggesteek het in die Nyl - Handelinge 7:20.
- Drie maande nadat God by die berg in Horeb aan Moses verskyn het, het Israel tot by die berg getrek - Ex 19:1.
- God wou 3 dae later by die berg Sínai aan die Israeliete verskyn - Ex 19:11.
- Daar was 3 ure van duisternis tydends Jesus se kruisiging - Matt 27:45.
- Die 2 verspieders moes 3 dae lank in die berge skuil - Josua 2:16.
- Nadat Elía “weggeraap” is Hemel toe het die mans 3 dae lank na hom gesoek - 2 Konings 2:17.
- Vir 3 dae lank kon die Filistyne nie Simson se raaisel oplos nie - Rigters 14:14.
- Die verbondsark was vir 3 maande by Obed-Edom voor Dawid dit na Jerusalem geneem het - 2 Samuel 6.
- Josef, Jesus se pa, het 3 drome gehad.
- Drie plae sal ‘n derde van die mense uitroei gedurende die eindtyd - Open 9:18.
- Petrus het Jesus drie keer verloën voor die haan gekraai het.
- Petrus het 3 keer die visioen met die laken en diere gesien - Handelinge 10:9-16
- Jesus het 3 keer vir Petrus gesê dat hy Jesus se skape (volgelinge) moet oppas.
- Op die derde dag moes Josua en die Israeliete oor die Jordaanrivier trek na die beloofde land - Josua 1:11.
- Abram moes 3 elk van 3 soorte diere offer - Génesis 15:9.
- Dag 3 is waters van land geskei en plante is geskep - Génesis 1:9-13.
- Derde plaag was muskiete - Exodus 8
- Derde gebod: Jy mag nie Naam van die Here nie ydelik gebruik nie - Ex 20:7.
- Vyeboom dra al vir 3 jaar lank geen vrug - Lukas 13:6-9.
- Lukas 13:32 - Jesus voorspel Sy dood (3 jaar gepreek) en opstanding op die derde dag.
- Pilatus het 3 keer gevra wat Jesus verkeerd gedoen het - Lukas 23:22.
“Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.”
JOHANNES 2:19 AFR53
*** VIER 4 - Skepping
- 4 windrigtings - N,S,W,O
- 4 lewende wesens in die troonkamer - Open 4:6-9.
- 4 engele in Openbaring 7.
- Jakob het 4 vroue gehad, wat die hele nasie Israel sou vorm.
- Ons het 4 seisoene in elke jaar.
- Dag 4 het God die son en maan gemaak - Gén 1:15-19.
- Vierde plaag: steekvlieë - Ex 8.
- Vierde gebod: Heilig die Sabbatdag - Ex 20:8-10.
- Balans - 4 pote op ‘n tafel of stoel.