NET ‘N STOK, SKOENE EN EEN MANTEL
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 388 wordsJesus het Sy 12 dissipels uitgestuur in groepe van 2. Hy het vir hulle krag gegee oor onrein geeste. Hulle moes slegs ‘n stok, sandale en 1 stel klere (1 mantel) by hulle hê. ‘n Stok bied ondersteuning en beskerming en is ‘n aanduiding van God se teenwoordigheid. Sandale is simbolies van voete wat gereed is om God se Woord te versprei. Selfs al was die Heilige Gees nog nie uitgestort nie het die 12 die mantel ontvang om krag te hê oor onrein geeste. Hulle moes hulle nie bekommer oor geld en kos nie. As iemand nie wou luister na hulle boodskap nie moes hulle aanbeweeg na ‘n volgende plek.
Ons benodig ook
- voete van bereidwilligheid om die Woord te verkondig.
- God se teenwoordigheid met Jesus in ons harte en Heilige Gees om ons te lei.
- Krag oor onrein geeste.
“EN Hy het die twaalf na Hom geroep en hulle twee-twee begin uitstuur en het hulle mag gegee oor die onreine geeste, en hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te neem nie as net 'n stok alleen — geen reissak, geen brood, geen geld in die beurs nie, maar skoene aan die voete; en: Julle moet nie twee kledingstukke aantrek nie. En Hy het vir hulle gesê: Waar julle ook al in 'n huis mag kom, bly dáár totdat julle daarvandaan vertrek. En almal wat julle nie ontvang of na julle luister nie, gaan daarvandaan weg en skud die stof onder julle voete af tot 'n getuienis teen hulle. Voorwaar Ek sê vir julle, dit sal vir Sodom of Gomorra verdraagliker wees in die oordeelsdag as vir daardie stad. En hulle het uitgegaan en gepreek dat die mense hulle moes bekeer. En hulle het baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.”
MARKUS 6:7-13 AFR53
“Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.”
PSALMS 23:4 AFR53
“en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.”
EFÉSIËRS 6:15 AFR53
“Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.”
LUKAS 10:19 AFR53