‘n Generasie seën
- 7 minutes read - 1349 wordsGod het ‘n belofte aan Abraham gemaak dat sy nageslag baie groot sal wees. Abraham word beskou as die vader van die nasies en deur hom word almal geseën.
“EN die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.”
GÉNESIS 12:1-3 AFR53
“Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees. En hy het in die Here geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.”
GÉNESIS 15:5-6 AFR53
“EN Abraham was oud en ver op sy dae, en die Here het Abraham in alles geseën.”
GÉNESIS 24:1 AFR53
Die seën van God het nie by Abraham gestop nie, maar is oorgedra aan Isak.
“En die Here het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg. Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die Here aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe.”
GÉNESIS 26:24-25 AFR53
Selfs al het Jakob vir Isak mislei, het God vir Jakob geseën.
“En Jakob het uit Berséba vertrek en na Haran gegaan. Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek. En hy het gedroom — daar is 'n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. En kyk, die Here het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word. En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het. Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.”
GÉNESIS 28:10-16 AFR53
Jakob se 12 seuns het in Egipte beland en is gered van hongersnood deur hul broer Josef, wat guns gevind het by die Farao. God was steeds met Abraham se nageslag. Selfs na 430 jaar van slawerny in Egipte het God hulle nie vergeet nie. God het Moses gestuur om hulle te bevry en Josua het hulle uiteindelik teruggebring na Israel. Die Israeliete het nie Egipte met leë hande verlaat nie. Abraham het nou ‘n nageslag gehad van 600 000 mans.
“Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die Here soos julle gespreek het. Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook. En die Egiptenaars het by die volk sterk aangehou — om hulle gou uit die land uit te stuur. Want hulle het gesê: Ons is almal dood! Toe neem die volk hulle deeg voordat dit ingesuur was, met hulle bakskottels, in hulle mantels toegebind, op die skouers. En die kinders van Israel het gehandel volgens die woord van Moses: hulle het van die Egiptenaars silwergoed en goue goed en klere geëis; en die Here het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe. En die kinders van Israel het van Raämses na Sukkot weggetrek, omtrent seshonderdduisend te voet, die manne buiten die kinders.”
EXODUS 12:31-37 AFR53
Ongelukkig het die Israeliete later aangedring om ‘n koning te hê soos die heidin nasies. God wou hulle koning wees, maar hulle het God verwerp - 1 Samuel 8. Die Bybel leer vir ons dat Dawid ‘n goeie koning was. Ongelukkig was daar baie slegte konings, wat niks omgegee het vir hulle nageslag nie. Salomo het skatte opgegaar, hoogmoedig geword en gevolglik sou die koninkryk in 2 verdeel - 1 Konings 10-12. Hískia was beskou as een van die beste konings, maar het ook glad nie omgegee vir sy nageslag nie. Sy rykdom het hom trots en selfsugtig gemaak - Jesaja 39.
“En voor hom (Hískia) was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die Here bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.”
II KONINGS 23:25 AFR53
“Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die Here. En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel. Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die Here wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!”
II KONINGS 20:17-19 AFR53
Die seën van Abraham het deur Jesus na al die nasies gekom. Jesus moes sterf sodat daar ‘n erfgenaam kon wees. Elkeen van ons is nou erfgename van elke belofte in die Woord.
“Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons 'n vloek te word — want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan 'n hout hang — sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.”
GALÁSIËRS 3:13-16, 26-29 AFR53
Ons leef in ‘n wêreld waar elkeen net na homself omsien. So baie mense besit nie grond of selfs nie hulle eie huise nie. Ek glo God wil vir ons in alles seën. Ons moet ons kinders van Jesus leer en ‘n erfporsie aan hul nalaat. Ek glo die Heilige Gees wil besigheid idees aan families gee sodat ons ‘n generasie seën kan agterlaat.
“'n Goeie mens laat sy kindskinders erwe, maar die vermoë van die sondaar word vir die regverdige weggebêre.”
SPREUKE 13:22 AFR53