NIMROD
- 7 minutes read - 1482 wordsNimrod was die agterkleinseun van Noag.
Noag - Gam - Kus - Nimrod
“Noag, (se 3 seuns) Sem, Gam en Jafet.
Die seuns van Gam was: Kus en Misráim, Put en Kanaän.
En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega; en die seuns van Raéma was: Skeba en Dedan.
En Kus was die vader van Nimrod; hý het begin om 'n geweldenaar op die aarde te wees.”
I KRONIEKE 1:4, 8-10 AFR53
“Kus was ook die vader van Nimrod. Hý het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees. Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die Here. En die begin van sy ryk was Babel en Ereg en Akkad en Kalne in die land Sínear (in Babilon). Uit hierdie land het hy (Nimrod) getrek na Assur en gebou: Ninevé en Réhobot-Ir en Kalag en Resen, tussen Ninevé en Kalag — dit is die groot stad.”
GÉNESIS 10:8-12 AFR53
“En hulle sal die land Assur met die swaard afwei en die land van Nimrod by sy ingange. So sal Hy ons dan van Assur bevry, wanneer hy in ons land kom en ons grondgebied betree.”
MIGA 5:5 AFR53
Noag het Sem en Jafet geseën, maar Gam is vervloek a.g.v. sy sonde (Génesis 9:18-29). Nie net is Gam vevloek nie, maar ook sy jongste seun Kanaän is vervloek. Gam se nageslag was dus vervloek deur God. Die naam Nimrod beteken “om te rebelleer” of “die pyl” (Strong’s Concordance). Nimrod het rebelleer teen God, maar hy was ook ‘n gevaar vir God se koninkryk soos ‘n dodelike, skerp of giftige pyl. Daar is ou skrifte wat glo Nimrod was so wreed dat hy mense gejag het. Hy het ook mense geoffer aan afgode. Nimrod was ‘n dus wêreldse, selfbehepte rebel wat nie sy knie voor God wou buig nie.
Nimrod het groot stede soos Babel en Ninevé gebou. Ons weet hierdie stede was vol sonde en die mense het afgode aanbid. Ninevé se mense het baie later tot bekering gekom toe God Jona na hulle gestuur het. Babel is die stad waar die mense die toring van Babel gebou het (Génesis 11). Sommige bronne reken Nimrod wou wraak neem teen God omdat God sy voorsate uitgewis het in die vloed (Génesis 6). Nimrod wou moontlik ‘n toring hoog genoeg bou sodat mense daarin kon skuil indien daar weer ‘n vloed sou kom. God se volgelinge het geweet dat God nooit weer ‘n vloed sou stuur wat almal sal uitwis nie. Die reënboog is ‘n teken van God se belofte (Génesis 9:11-17). Babel beteken “verwarring” en Babilon beteken “hek van god(e)” (Strong’s Concordance). Dit was dus ook moontlik dat die mense afgode wou aanbid deur hemelse hekke of portale. Mense probeer vandag steeds portale oopmaak om demone op te roep. God was so ongelukkig oor hulle sonde dat Hy die bou van die toring gestop het en die mense versprei het.
In Jesaja 14 en Openbaring 17-19 lees ons baie meer oor Babel en Babilon. Satan/Lucifer/Helel/die môrester was/is koning oor Babel. Babel was ‘n handelstad. Handeldryf is ‘n goeie ding as dit op ‘n eerlike goddelike wyse gedoen word. Handeldryf in Babel het oor eiegewin gegaan, ten koste van God se kinders en uit teenstand teen God. Ons sien die geestelike Babel oral om ons vandag. Die Wêreld Ekonomiese Forum se sogenaamde elite wil vir ons almal besluite neem. Mensehandel, dwelmhandel en orgaanhandel word baie meer algemeen. Die Nimrod gees wat net belangstel in selfbelang is oral sigbaar. Die farmaseutiese bedryf stel meer belang in geldmaak as menselewens. Eiegewin, selfsug, ‘n liefde vir geld en rebellie teen God is alles duidelike tekens van ‘n Nimrod gees. ‘n Nimrod gees gee aanleiding tot die vorming van ‘n geestelike Babel of ‘n Babilon.
Nimrod het nie op God geleun nie, maar wou op sy eie krag en waagmoed staatmaak. Hy wou ook nie hê die mense moes ‘n gesonde vrees vir God hê nie. Hy het deur tirannie die mense gedwing om van hom afhanklik te wees. As jy na die Wêreld Ekonomiese Forum en hulle raadgewers luister sal jy die volgende hoor:
“People are hackable animals”.
“God doesn’t exist”.
“The elite will make decisions for everybody”.
Nimrod het ‘n kleinskaalse “One World Order” bedryf. Almal was een volk en het een taal gepraat. Mense is mishandel as hulle nie aan Nimrod se reëls gehoorsaam was nie. Onskuldige mense het hul lewens verloor. God was van geen belang nie. Afgode is aanbid. Daar is vandag steeds ‘n klomp Nimrods wat God haat en ons wêreld in Babel/Babilon wil verander. Hulle probeer om alles en almal te beheer. Hulle poging om ‘n derde van die mense uit te roei en ons in die tribulasie in te dwing was hierdie keer ‘n volslae mislukking, maar hulle probeer steeds. Volgens die Bybel sal Babilon eers finaal vernietig word tydens die tribulasie.
“Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie — daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel. En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien, terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom! En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie, koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele. En die vrugte wat jou siel begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit nooit weer kry nie. Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe”
OPENBARING 18:7-15 AFR53
Ons beleef nou die “Derde Ontwaking”. Mense se geestelike oë is besig om oop te gaan. Ons sien ons kan nie leiers, kundiges of die media net blindweg vertrou nie. Mense besef dat die Heilige Gees ons bron van waarheid is. Die lig is besig om te skyn op dinge wat in die donkerte gebeur het (Matthéüs 10:26, Lukas 8:17). Niks kan weggesteek word van God nie. Ek glo dis tyd vir God se heerlikheid om uitgestort te word.
“STAAN op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóú sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.”
JESAJA 60:1-2 AFR53
“En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!”
JESAJA 6:3 AFR53
“En die heerlikheid van die Here sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die Here het dit gespreek.”
JESAJA 40:5 AFR53
“Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die Here soos die waters die seebodem oordek.”
HÁBAKUK 2:14 AFR53
“Want so sê die Here van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe. Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die Here van die leërskare. Aan My behoort die silwer en aan My die goud, spreek die Here van die leërskare. Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die Here van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die Here van die leërskare.”
HAGGAI 2:6-9 AFR53
Net soos die Heilige Gees in die Nuwe Testament op God se kinders uitgestort is sal God se heerlikheid op God se kinders uitgestort word. In God se heerlikheid sal ons baie tekens en wonders sien. Eers daarna sal die wegraping en tribulasie volg. Die Nimrods sal nie wen nie. Jesus het reeds gewen.