‘N NUWE WÊRELD
Janine Forsyth
- 2 minutes read - 233 wordsEk het in ‘n droom gesien hoe die wêreld om ons verander. Bekende plekke het heeltemal anders gelyk. Sommige besighede, kantore en selfs kerke het toegemaak. Klein Christen bedienings het egter gegroei. Daar was ‘n tekort aan sekere dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Mense was opstandig en Christene is sleg behandel. Sommige mense het met verlange teruggekyk na hul besittings van die verlede. Dis so belangrik dat ons ons lewens bou op die Rots en nie op tydelike aardse plesier nie. God se heerlikheid gaan toeneem, maar ons gaan meer fisiese ongemak ervaar.
“Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.”
MATTHÉÜS 7:19-24 AFR53