Nommer 404
- 3 minutes read - 499 wordsDie laaste week sien ek die nommer 404 gedurig.
404
* “404 Error - page not found” verskyn soms op jou skerm wanneer jy iets opsoek.
VIER 4 - SKEPPING
* 4 windrigtings - N,S,W,O
* 4 lewende wesens in die troonkamer - Open 4:6-9.
* 4 engele in Openbaring 7.
* Jakob het 4 vroue gehad, wat die hele nasie Israel sou vorm.
* Ons het 4 seisoene in elke jaar.
* Dag 4 het God die son en maan gemaak - Gén 1:15-19.
* Vierde plaag: steekvlieë - Ex 8.
* Vierde gebod: Heilig die Sabbatdag - Ex 20:8-10.
* Balans - 4 pote op ‘n tafel of stoel.
400 - VRYHEID, NUWE BEGIN
- Na 400 jaar van slawerny het Israel vrygekom - Gen 15:13.
- Abraham het 400 shekels silwer betaal vir ‘n grot om Sara in te begrawe - Gen 23.
- In 1 Sam 25 neem Dawid 400 mans om Nabal aan te val, maar Nabal se vrou, Abigail, stop die dispuut deur kos aan Dawid en sy manskappe te gee.
- Jakob word ontmoet deur Esau en 400 mans met Jakob se terugkeer na sy geboorteland - Gen 32.
- In Esra 6 word 400 lammers geoffer nadat die tempel herbou is.
- In Rigters 21 sterf ‘n klomp mense van Benjamin se stam en 400 maagde word aan hullle gegee sodat die stam nie uitsterf nie.
* “Elke dal moet opgevul en elke berg en heuwel klein gemaak word; en die bult moet 'n gelykte en die rotsagtige plekke 'n laagte word.”JESAJA 40:4 AFR53 Vers 3 sê maak reg vir die koms van God en vers 5 sê almal sal God se heerlikheid sien.
* “En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die Here vertrou.” PSALMS 40:4 AFR53
* Jeremia was ‘n gevangene en die volk Israel word in ballingskap na Babel geneem. “Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan — kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou oë om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.”
JEREMIA 40:4 AFR53
Ek glo soos Jeremia voel baie verlore of selfs asof boeie hulle vashou, maar God sê dis tyd om vrygelaat te word. Die land lê oop voor jou. Jy gaan nie langer 404 op jou skerm sien nie. Die nommer sê ons is deel van God se skepping en God bring uitkoms en bevryding vir diegene wat op Hom vertrou. God wil die pad voor jou gelyk maak. Sing ‘n nuwe lied tot eer van God. Jy gaan God se heerlikheid sien.